54-jarige ernstig beseerde vrou lê hele nag in motor
Ernstig beseerde eers vroeg die oggend ontdek
DENEYSVILLE. – ‘n Ongelukstoneel is eers vanoggend, Maandag 5 Augustus om 09:00 ontdek, terwyl die ongeluk gedurende Sondagnag plaasgevind het.
‘n Ernstige beseerde 54-jarige vrou van Deneysville was sedert gisteraand, Sondag 4 Augustus, ongeveer 08:00 vasgekeer in haar voertuig nadat die voertuig gerol het op die R716 tussen Deneysville en Oranjeville. Die voertuig is teen ‘n wal af en het in die veld op sy dak te lande gekom. Die vrou was halfpad uit die bestuur kant se venster waar sy vasgedruk was.
‘n Motoris het die voertuig langs die wal gesien en nooddienste is ontbied. Sy het haar rug en ribbes beseer. Meganiese reddings kake is gebruik om haar uit die voertuig te bevry. Die vrou is deur Vaal Emergency Care op die toneel behandel en na die Metsimaholo hospitaal geneem vir behandeling.




