Photo GalleriesSportSportSport
DF wen naelbyt-krieketstryd
VANDERBIJLPARK. – Die wilgerlatte klap en die paaltjies spat die afgelope paar weke in die Vaaldriehoek. Maar dis mos wat mens verwag wanneer die somer naderkruip. Die Laerskool DF Malherbe en Laerskool Vaalpark se o.11-krieketspanne het mekaar verlede week op Old Vaaltonians se velde aangedurf. Dit was ‘n taai wedstryd wat DF uiteindelik met drie …

VANDERBIJLPARK. – Die wilgerlatte klap en die paaltjies spat die afgelope paar weke in die Vaaldriehoek.
Maar dis mos wat mens verwag wanneer die somer naderkruip. Die Laerskool DF Malherbe en Laerskool Vaalpark se o.11-krieketspanne het mekaar verlede week op Old Vaaltonians se velde aangedurf. Dit was ‘n taai wedstryd wat DF uiteindelik met drie paaltjies gewen het. Die Vanderbijlparkers het 91/7 aangeteken, waarna Vaalpark vir 87 lopies uitgeboul is, danksy goeie boulwerk deur die tweemanskap Kriegler Botha (4/15) en Joshua Marshall (4/15).





