DBC Groep trap al 63 jaar diep spore
In die afgelope ses dekades het dié praktyk ‘n integrale deel van die dorp en die res van die Vaaldriehoek geword

DBC Groep, een van die oudste en bekendste prokureursfirmas in Sasolburg, vier vanjaar sy 63ste bestaansjaar. In die afgelope ses dekades het dié praktyk ‘n integrale deel van die dorp en die res van die Vaaldriehoek geword.
Die geboorte van die DBC Groep kan na 1947 teruggevoer word toe Frik de Beer universiteit toe is om ‘n graad in die onderwys te gaan verwerf. Dis hier waar hy ‘n medestudent, Piet Claassen, ontmoet en gereeld saam skaak gespeel het. Dit was die begin van ‘n hegte, lewenslange vriendskap en later ook ‘n vennootskap.
Nadat albei gegradueer het, het Frik ‘n onderwyser in KwaZulu-Natal geword. Piet het besluit om sy studies vir die graad B.Prok voort te sit.
Die twee vriende het kontak behou en by geleentheid steeds saam skaak gespeel toe Frik op ‘n dag aan Piet noem dat hy ‘n loopbaanverandering oorweeg. Piet het Frik aangeraai om ook in die Regte te gaan studeer.
Frik het die volgende jaar die onderwys verlaat en ook vir die graad B.Prok ingeskryf terwyl hy sy klerkskap by ‘n regsfirma in Bloemfontein gedoen het.
Piet het intussen sy eie regsfirma in Ottosdal begin.
Toe die twee vriende op ‘n dag weer gesels, het Piet aan Frik genoem dat die prokureur wat ‘n praktyk in Sasolburg gehad het, verhuis het en het voorgestel dat Frik die geleentheid benut om ‘n regsfirma op die dorp te open.
Frik was tussen twee vure want hy het in daardie stadium ‘n geleentheid gehad om ‘n vennoot in die Bloemfonteinse firma te word waar hy gewerk het. Hy het ook nie die fondse gehad om sy eie praktyk in Sasolburg te open nie. Piet het aangebied om hom met die nodige fondse by te staan as hy bereid sou wees om na Sasolburg te skuif.
Frik het ingestem en saam met sy vrou na Sasolburg verhuis om die prokureursfirma De Beer & Claassen te begin. Hy het op Donderdag, 28 Junie 1956 op die dorp aangekom en die volgende Maandag, 2 Julie 1956, was De Beer & Claassen amptelik oop vir besigheid.
De Beer & Claassen het onlangs die praktyk se 63ste bestaansjaar en gaan voort om die pioniersgees en visie wat Oom Frik in 1956 vir De Beer & Claassen gehad het, uit te leef en verder uit te bou.
Vandag het die DBC Groep vier direkteure: Joggie de Beer, sy seun Christiaan de Beer, Eduan Human (kleinseun van oom Frik de Beer) en Grant van Bochove.
Van dié vier is Joggie reeds die langste hier (47 jaar). Dié broerskind van Oom Frik het in 1972 as ingeskrewe klerk by De Beer & Claassen begin en in 1975 ‘n vennoot geword. Buiten dat hy ‘n uitmuntende regsman is, ken sy familie, vriende en kliënte hom ook as ’n man met ‘n groot hart vir alle agtergeblewenes en hulpbehoewendes. In sy hart is hy ‘n ewige boer en ongelooflik lief vir die diere op sy plaas. Hy weet hoe lyk elke koei se ma of haar kalf. Hy het deur die jare honderde bome geplant as sy nalatenskap aan die nageslag.
“Joggie was nog altyd mal oor sy werk en as hy kan, sal hy graag tot 80 jaar wil werk,” sê sy vrou, Amelia.
DBC Group alligned to address clients’ needs:
DBC Group is a third-generation family law firm with a proud heritage of over six decades, during which time strong bonds have been built with our local community.
The Group, originally founded as De Beer & Claassen Attorneys, has grown into a leading law firm and associated professional service company based in the Vaal Triangle. It is known for its solid reputation, professional service and ethical business practice with a legacy of 63 years.
In 2012, we became a proud member of the Phatshoane Henney Group, the largest association of independent law firms in South Africa, providing us with a national footprint of over 40 law firms with offices in nine provinces and more than 500 professionals.
In valuing our clients’ needs, we developed DBC Attorneys, DBC Business, DBC Property and DBC
Wealth to form the reputable DBC Group as a trusted firm of professionals in 2017.
Our divisions serve private individuals, corporations, institutional, and governmental entities across multiple industry sectors, under one roof:
* DBC Attorneys for legal matters
* DBC Business offers business solutions
* DBC Property for strenuous property transactions
* DBC Wealth for comprehensive financial management.
Our unique business model and multifaceted expertise provide our group with shared access to high-quality support services, enhanced negotiating power, advanced technology and the ability to position and resource each division strategically for growth.
Our team of experts have been uniquely assembled with one goal in mind: To address the needs of our clients. We view our combined skills, abilities, strengths and backgrounds as necessary tools that allow us to meet any challenge and find the right solutions for our clients.
In our team, there are a variety of people, with different backgrounds, personalities and views on life and law.
It is this broader perspective that we believe allows us to step into the shoes of our clients and align our services and future planning to their needs.



