Photo GalleriesSportSportSport

Spanners skitter by Champs 7’s-toernooi

Ettienne van Rensburg VEREENIGING. – Die blitsweergawe van die spel met die ovaalbal is nou maar vir eens en vir altyd ‘n opwindende affêre. Maak nie saak of dit in Pretoria, Parys, Perth of Pofadder gespeel word nie, dit sal altyd oud en jonk se belangstelling prikkel. Dit was Saterdag op die velde van Vereeniging …

Ettienne van Rensburg
VEREENIGING. – Die blitsweergawe van die spel met die ovaalbal is nou maar vir eens en vir altyd ‘n opwindende affêre.
Maak nie saak of dit in Pretoria, Parys, Perth of Pofadder gespeel word nie, dit sal altyd oud en jonk se belangstelling prikkel.
Dit was Saterdag op die velde van Vereeniging Gimnasium weer die geval met Champs Rugby Academy se Hoërskole-sewestoernooi wat met onderskeiding aangebied is.
Die skole wat vanjaar deelgeneem het, is: Vereeniging Gimnasium, Rooi Skool Kroonstad, HTS Sasolburg, HS Sasolburg, Dinamika, CRSA, Hans Moore en Kemptonpark.
“Die plaaslike talent en vaardighede by die toernooi is beslis iets om oor opgewonde te raak. Veral HTS Sasolburg se o.15 en o.17-spanne was die groot verrassingspakkette van die toernooi. Om as ‘n medium skool, groot en makroskole te klop wil gedoen wees,” sê Dewald Pieters, eienaar en direkteur van Champs Rugby Academy and Sports Development.
Die HTS Sasolburg is as bekerwenner in die o.15-afdeling gekroon nadat hy alle teenstand voor hom platgevee het.
Die Spanners het Affies Kroonstad met 33-19 in die eindstryd ore aangesit.


In die o.17-bekerafdeling het die Hoërskool Kemptonpark van die Oos-Rand koning gekraai toe hy Hans Moore met 34-14 geklop het.
In die plaat-afdeling vir o.17’s het Vereeniging Gimnasium vir HTS Sasolburg met 21-7 in die eindstryd geklop.
“Ons het ‘n leemte en behoefte raakgesien en die toernooi begin. Champs wil die volgende drie jaar die toernooi uitbrei om o.13, o.16 en o.19-spanne in te sluit en ook ‘n 10’s-toernooi voor die rugbyseisoen begin, aan te bied. Talent identifisering en ontwikkeling is iets wat Champs na aan die hart lê,” sê Pieters.
Individuele vaardigheidsontwikkeling is waarop Champs Rugby Academy and Sports Development hom toespits en begin reeds op kleuterskoolvlak en word deurgetrek na laerskool-, hoërskool- en universiteitsvlak.
* Ouers wat belangstel om hulle kinders vir individuele rugby, sokker en krieket vaardigheidsontwikkeling in te skryf, kan Dewald Pieters by 076 235 3196 kontak.

Related Articles

 
Back to top button