NewsNews

Groot man met groot hart gaan baie gemis word

MEYERTON. – Geliefdes, familie en vriende treur na die skielike dood van mnr. Pieter Daniël Pretorius, een van die Vaaldriehoek se kleurrykste inwoners, wat op 22 Oktober gesterf het. Mnr. Pretorius (49), of Vet Piet soos wat hy goedig deur sy talle vriende genoem is, is onverwags in sy slaap oorlede. Hy was baie bekend …

MEYERTON. – Geliefdes, familie en vriende treur na die skielike dood van mnr. Pieter Daniël Pretorius, een van die Vaaldriehoek se kleurrykste inwoners, wat op 22 Oktober gesterf het.
Mnr. Pretorius (49), of Vet Piet soos wat hy goedig deur sy talle vriende genoem is, is onverwags in sy slaap oorlede.
Hy was baie bekend in motorsportkringe. Van sy vriende het dikwels met reg na hom verwys as die “speed dial” in die motorbedryf, danksy sy wye kennis van motorenjins en motorsport.
Mnr. Pretorius het veral ‘n groot belangstelling in hitsmotors (hotrods) gehad. Dit was sy droom om ‘n “springkar” te bou en binnekort op die baan te gaan uittoets.Sy belangstellings het egter nie by motors en 4×4’s geëindig nie. Sy kennis en vaardigheid as kok was legendaries en hy het gereeld kos vir groot groepe by familietroues, verjaarsdae en openbare funksies voorberei. Sy grootste vreugde was om hom te omring met sy familie en goeie vriende en hulle op onvergeetlike braaivleis-etes te trakteer.
“Hy was die gom tussen vriende en familie. Hy sou familielede met wie kontak verloor is, opsoek en almal verenig. Hy sou mense aan mekaar voorstel en nuwe vriendskappe tussen mense begin. Hy wou altyd almal saam gelukkig hê en vrede bewaar sover hy gegaan het. Hy het gevoel die lewe is te kort vir kwaaivriende en onnodige fights,” sê sy broerskind, Maryka Pretorius.
Hy word buiten sy talle sakekennisse en sy wye vriendekring ook oorleef deur sy ma, Kotie, en ander naby-familielede.
‘n Gedenkdiens sal Donderdag, 29 Oktober om 14:00 by die Kruis Kerk, h/v Kerkstraat en Caledonlaan in Peacehaven plaasvind, waarna hy op ‘n familieplaas in Parys ter ruste gelê sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button