Andrea en Marco se afskeiddroom word waar
Die modekenner en geleentheidskoördineerder, Jean-Prieur du Plessis, in samewerking met Vaalweekbld en Ster, het vroeër vanjaar ‘n wedstryd vir matrikulante aangebied waarin een gelukkige jong dame haar volledige matriekafskeid-uitrusting kon wen. Andrea Smith van die Hoërskool Transvalia was uiteindelik die wenner. Jean-Prieur, tesame met die wedstrydborge, het pas die geleentheid gekry om Andrea en haar …
Die modekenner en geleentheidskoördineerder, Jean-Prieur du Plessis, in samewerking met Vaalweekbld en Ster, het vroeër vanjaar ‘n wedstryd vir matrikulante aangebied waarin een gelukkige jong dame haar volledige matriekafskeid-uitrusting kon wen.
Andrea Smith van die Hoërskool Transvalia was uiteindelik die wenner. Jean-Prieur, tesame met die wedstrydborge, het pas die geleentheid gekry om Andrea en haar metgesel, Marco se matriekafskeiddroom ‘n werklikheid te maak.
“Daar is niks so vervullend soos om ‘n verskil in iemand anders se lewe te maak nie. Kom ons doen dit weer!” sê Jean-Prieur.
Dankie aan die borge:
Jean-Prieur en MooiVaal Media bedank graag die volgende wedstrydborge wat seker gemaak het dat Andrea en Marco ‘n perfekte afskeid kon geniet:
* Die talentvolle ontwerper Mariska Crous, wat spesiaal ‘n rok vir Andrea ontwerp het.
* Deon Uys van Bride & Groom wat vir Marco se klere gesorg het.
* Marilize Kotze, Chantelle Moller en Caroline van Fablane Wellness Spa en Fablane Hair Studio vir die gesigsbehandeling, masserings, hare en grimering.
* Natalie Lategan van Satten Faces vir die heerlike bederfprodukte.
* Vincent Vos van Citroën Vaal en Peugeot Vaal vir die asemrowende 308CC Peugeot Cabrio wat Andrea en Marco na die venue geneem het.
* Riverside Sun vir die venue vir die skemerkelkonthaal en vir die gebruik van die pragtige tuin vir foto’s.





