Photo GalleriesSportSportSport

Dokkies steeds op die kruin van die golf

Ettienne van Rensburg VANDERBIJLPARK. – Die eerste krieketspan van Vereeniging Gimnasium het Saterdag in Vanderbijlpark in die plaaslike liga om die Noordvaal-kompetisie die Hoërskool Transvalia op sy tuisveld met drie paaltjies geklop. Die Hoërskool Dr. Malan het met sy sege oor Roshnee sy plek bo-aan die punteleer verstewig. Transvalia het die loot gewen besluit om …

Ettienne van Rensburg
VANDERBIJLPARK. – Die eerste krieketspan van Vereeniging Gimnasium het Saterdag in Vanderbijlpark in die plaaslike liga om die Noordvaal-kompetisie die Hoërskool Transvalia op sy tuisveld met drie paaltjies geklop. Die Hoërskool Dr. Malan het met sy sege oor Roshnee sy plek bo-aan die punteleer verstewig.
Transvalia het die loot gewen besluit om eerste te kolf en 208/10 in 46 beurte aangeteken. Nie eens ‘n puik 105 lopies van 132 aflewerings deur Phillip van Eck kon Valia van ‘n nederlaag red nie. Valia was sy eie grootste vyand en het verskeie paaltjies met swak hardloopwerk tussen die penne weggesmyt. ‘
Gimmies se boulers Franco Nieman (10-0-33-1) en Francois Matthee (10-1-22-0) het sake nie vir die tuisspan vergemaklik nie.
Gimmies se lopiejaagtog is deur Matthee (66 van 135 balle) en Zuan le Roux (45 van 51 balle) gelei. Gimmies het die wenlopies in die 46ste beurt met drie paaltjies in die bank aangeteken.
Dr. Malan van Meyerton het sy plek bo-aan die punteleer behou toe hy Roshnee met 7 paaltjies ore aangesit het.
Roshnee is in die 26ste beurt vir 95 uigeboul, danksy goeie boulwerk deur Charl Marais (3/20 in 6) en Frikkie Goosen (3/6 in 3). Die Dokkies het daarna slegs 8 beurte nodig gehad om die agterstand uit te wis.
Dian Thomas (38*) en HJ Warrington (30) het korte mette van Roshnee se boulaanval gemaak. Die punteleer na rondte drie is: Dr. Malan 30, Volkskool 21, Transvalia 18, Gimmies 13, Driehoek 12 en Roshnee 10. Die bepalings vir eerskomende Saterdag is: Dr. Malan vs Gimmies; Valia vs Driehoek en Volkskool vs Roshnee.

 

Related Articles

 
Back to top button