Local newsNewsNews

Pa op moord van seun vrygespreek

Jannie du Plessis VANDERBIJLPARK. - ‘n Bewoë en gebroke man wat weens die moord op sy eie seun aangekla is, het Vrydag na sy vonnisverhoor as ‘n vry man uit die hof gestap.

Foto: Jannie du Plessis

Vir Coert Johannes Kruger sr. (51), sal die woorde tydens streeklanddros Robert Button se uitspraak hom waarskynlik vir ewig bybly: “Elke keer wat jy in die spieël kyk, gaan jy in die oë van jou seun se moordenaar kyk.

Coert sr. het deurgaans in die getuiebank gehuil en sy ander seun het gereeld sneesdoekies aan hom oorhandig. Hy het getuig hoe hy en sy vrou Riana die aand van 22 Maart omstreeks 19:00 begin braai het toe die alarm by ’n aangrensende hoewe afgegaan het. Coert het sy gelisensieerde haelgeweer gevat en albei is per voertuig na die
hoewe. Hulle het saam met ‘n wag van Asec-sekerheidsmaatskappy gesien dat daar ‘n inbraak was. Terwyl Riana en die sekuriteitswag binne die huis was, het Coert sr. buite die huis gewag. Hy het iemand op die dak
opgemerk en in sy pleitverduideliking gesê dat hy die persoon gewaarsku het om stil te staan. Dit het vir hom gelyk of die persoon na hom beweeg, waarna hy ‘n skoot in die rigting van die persoon afgevuur het. Coert het egter dadelik sy seun se stem herken toe hy skreeu: “Eina, eina”. Toe hy sy seun se stem hoor was hy geskok en verbouereerd. “Ek het my rug gedraai en in die donker ingestap en wou myself skiet. Ek het my bedink en ‘n skoot uit benoudheid gevat en albei is per voertuig na die hoewe. Hulle het saam met ‘n wag van Asec-sekerheidsmaatskappy gesien dat daar ‘n inbraak was. Terwyl Riana en die sekuriteitswag binne die huis was, het Coert sr. buite die huis gewag. Hy het iemand op die dak opgemerk en in sy pleitverduideliking gesê dat hy die persoon gewaarsku het om stil te staan.
Dit het vir hom gelyk of die persoon na hom beweeg, waarna hy ‘n skoot in die rigting van die persoon afgevuur het. Coert het egter dadelik sy seun se stem herken toe hy skreeu: “Eina, eina”. Toe hy sy seun se stem hoor was hy geskok en verbouereerd. “Ek het my rug gedraai en in die donker ingestap en wou myself skiet. Ek het my bedink en ‘n skoot uit benoudheid alles in haar vermoë probeer doen om hom te rehabiliteer. Sharon was baie
ontsteld toe Coert sr. as vry man uit die hof gestap het. Tydens vonnisoplegging het landdros Button hom ook sterk uitgespreek oor dwelmgebruik en verslaafdes wat nie gerehabiliteer wil word nie.
“Toe u daardie sneller getrek het, was alles verby. “Daar is baie dinge waarmee u sal moet vrede maak,” het landdros Button aan Coert sr. gesê, voordat hy hom vrygespreek en bevoeg verklaar het om ‘n vuurwapen te besit.
* Ellen Lekgetho was die aanklaer en prokureur David May het vir die verdediging opgetree.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button