EntertainmentEventsLifestyleLocal newsNews

Groot pret wag by Harry’s se Boeredag!

Saterdag, 28 September, gaan ‘n dag propvol pret by Harry’s Butchery wees wanneer die jaarlikse Herza Vetveeveiling en Boeredag gehou word. Toegang is gratis!

 
Saterdag, 28 September, gaan ‘n dag propvol pret by Harry’s Butchery wees wanneer die jaarlikse Herza Vetveeveiling en Boeredag gehou word.

Die pret gaan heeldag aanhou by Hoewe 59, Rietspruit, Loch Vaal, reg oorkant Little Egypt Café op die Potchefstroompad.

Die hekke open reeds die oggend om 06:00 en groot pryse is op die spel vir wenners van kategorieë soos die swaarste skaap en bees, die beste groep van vyf lammers en veel meer.

Kraalbesprekings en meer inligting oor die veiling is beskikbaar by (016) 940 4026.

Die dag is egter nie net vir boere nie maar vir almal wat lus het vir hope plesier en lekker kuier! Kom snuffel gerus deur die sowat 350 stalletjies waar jy handgemaakte produkte, plaasprodukte en unieke kunswerke gaan vind.

‘n Opwindende potjiekos- en braaiwedstryd word ook vir alle vleisliefhebbers gehou – die ideale geleentheid vir ‘n spanbou! Meer inligting oor dié wedstryd is by (016) 987 5057 beskikbaar.

Nog ‘n doel van die dag is om boere, plaaslike besighede en plaaslike produkte bekend te stel. Sakelui wat betrokke wil raak en hul besighede wil bemark, kan gerus ‘n e-pos stuur na admin@rietspruitabattoir.co.za.

En dan is daar natuurlik lewendige vermaak met agt sangers, onder wie ‘n hele paar van Suid-Afrika se gewildstes soos Dozi, Steve Hofmeyr, Juan Boucher, Chané Valentine en ander.

Toegang is gratis!

Die program vir die sangers is:

10:00 – Shandré,

13:00 – Peet Slabbert,

14:00 – Zander van Wyk,

15:00 – Dusty Dixon,

16:00 – Chané Valentine,

17:00 – Juan Boucher,

18:00 – Dirk van der Westhuizen,

19:00 – Steve Hofmeyr

20:00 – Dozi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button