Boorman Daan Venter se legende leef voort
Dié man met sy fyn aanvoeling vir die natuur en ondergrondse water, is vroeër vanjaar aan pankreaskanker oorlede, maar sy talente en kundigheid leef voort in sy personeel, wat hy elkeen met die hand uitgesoek en persoonlik opgelei het.

Noem die naam Daan Venter en almal wat iets weet van waterwys en boorwerk sal die kop dadelik goedkeurend knik. Dié man met sy fyn aanvoeling vir die natuur en ondergrondse water, is vroeër vanjaar aan pankreaskanker oorlede, maar sy talente en kundigheid leef voort in sy personeel, wat hy elkeen met die hand uitgesoek en persoonlik opgelei het.
Daan is gebore en getoë in Meyerton en het van jongsaf ‘n uitsonderlike waterwystalent gehad. Hy is na skool na die gevangenisdiens toe. Van daar af het hy vir Rand Water gewerk, en daarna het hy ‘n ruk vir sy broer gewerk. In 2001 het hy sy eie onderneming, DJ Drilling (vandag H20 Drilling) met sy eerste tweedehandse boor en kompressor en ‘n klein 1400-bakkie begin.
“My man was groot, byna 2 meter lank en baie fris gebou, maar hy het homself in daardie bakkie van hom ingepas en saam met sy werkers, wat seker van die lojaalste en beste op hierdie planeet is, die besigheid begin opbou,” onthou sy vrou, Juanita.
“Daan het baie keer in die hartjie van die winter saam met sy werkers in Bothaville, waar hy vir baie boere geboor het, in ‘n slaapsak geslaap, en daar kan dit in die nagte tot -10 grade word. Hy het later sy eerste boor verkoop en vir hom ‘n ander een aangeskaf – en natuurlik ‘n groter bakkie ook! Die besigheid se naam is na H2O Drilling verander en ons het nog nie een dag teruggekyk nie.
“Daan het ‘n gawe gehad om baie suksesvol water te wys. Aan die begin het hy met ‘n bottel gewys, later het hy koperstawe gebruik, maar in die laaste jare sou hy net by ‘n plek instap, bietjie rondloop en met die blote oog ‘n plek aandui. Ons sou baie keer ry en dan sou sy hele lyf skielik hoendervleis uitslaan. Dan sou hy vir my sê: “Nita ons is nou net oor ‘n baie groot aar”.
Daan het deur die jare so bekend geraak dat hy oral in die land water gewys en geboor het. Kliënte en boere het hom selfs Kaap en Mosambiek toe laat vlieg om groot are te gaan uitwys. Met die aanstelling van sy personeel het hy net mense gekies wat sy liefde vir water en die natuur, en sy lewensmotto van absolute eerlikheid en integriteit gedeel het.
Vandag het H2O ‘n gedugte span – van die beste in die land – wat Daan se droom en toewyding aan die onderneming met klinkende sukses voortsit. Theuns Baird en Neels Ehlers se talente as waterwysers is ook reeds deur-en-deur bewys.
H2O Drilling boor steeds gereeld in Bothaville, Leeudoringstad, Villiers, Greylingstad, Vredefort, Parys, Lindequesdrift, Deneysville, op die peninsula by die Vaaldam, Viljoenskroon, Kroonstad, Balfour, Fochville, Koppies, Heidelberg, Nampo en vele meer.
Hulle het ook al gesubkontrakteer vir maatskappye soos ACE, UDI Engineering, PPT, Harvest Fresh, Cathtect Engineering, Midvaal-hospitaal, Sasol, Paradigm Projects en Rand Water, om maar ‘n paar te noem.
“Daan was ‘n visserman in sy hart, en sy grootste begeerte was om nog net een keer George / Knysna toe te gaan om vir nog net een keer te gaan visvang. Dit was sy lewe, dit en sy wedvlugduiwe. Die wall unit hier in die kantoor staan van die een punt tot die ander vol trofees. Hy was absoluut versot op sy duiwe. Hy het ook graag Loskopdam toe gegaan en daar gaan hengel, maar enige plek was vir hom goed genoeg, solank hy net ‘n lyn kon natmaak en ‘n vis kon uittrek. Hy het omtrent al die kleinneefs en selfs kleinniggies geleer om vis te vang, en hulle almal was versot op hulle oom Daan. En dan natuurlik sy Yorkies en sy Jack Russel. Hy het 2 gehad wat altyd saam met hom gaan boor het. Die 2 het later 3 geword want die 1 het met die junior “getrou” en toe kom hierdie YorkRusseltjie daar uit wat absoluut sy lewe was. Hy het haar van dag 1 af in sy nek groot gemaak. Jy sal my nie glo nie, maar ek dink die 2 hondemeisiekinders mis hom net so erg soos ek want hulle gedrag het so verander vandat hy weg is.
“Hy het 1 dogter uit sy vorige huwelik, maar ons 2 saam het ongelukkig nie kinders nie, dit was ons nie beskore nie.
“Daan se hand en hart was altyd oop vir sy medemens. Ons almal hier by H2O Drilling probeer sy naam hoog hou. Ek mis hom met my hele lewe en ek sal alles in my vermoë doen om sy legacy en sy onderneming te laat voorleef,” sê Juanita.
Skakel H2O Drilling gerus by 082 828 3344 of 084 871 4325 om meer oor hul dienste uit te vind.
***********************************************
H2O DRILLING’S SERVICES INCLUDE:
Drilling holes to your needs
to depths up to 200m deep
in any formation. We travel
in a radius of 250km around
Meyerton
• Super Rock 1000
• Custom build machine
for confined spaces.
• Various drilling sizes
from 5½ inch to
12½ inch.
• Any formation
WE SPECIALISE IN:
• Water bore holes
• Sampling holes
• Electric Pole Holes
• Holes for Cathodic
protection
• Research holes
• ENV holes and
Monitoring holes




