Plaaslike munisipale dienste onder soeklig van regering
VANDERBIJLPARK. – Die afgelope tyd het die inwoners in die Vaaldriehoek hul geduld verloor oor die wanbestuur en ongeërgde houding waarop die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM) bestuur word, asook die gebrek aan dienslewering in die gebied. Om dié probleme aan te spreek, het die Gautengse Premier, David Makhura op 29 Oktober saam met die inwoners …
VANDERBIJLPARK. – Die afgelope tyd het die inwoners in die Vaaldriehoek hul geduld verloor oor die wanbestuur en ongeërgde houding waarop die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM) bestuur word, asook die gebrek aan dienslewering in die gebied.
Om dié probleme aan te spreek, het die Gautengse Premier, David Makhura op 29 Oktober saam met die inwoners en burgemeesters van Sedibeng en Emfuleni ‘n vergadering gehou, waartydens die inwoners hul griewe kon lug oor dienslewering. Op die agenda was ‘n baie lang lys van klagtes wat aan Makhura voorgelê is, waaronder onakkurate rekenings, besoedeling en infrastruktuur soos vullisverwydering, onderhoud aan paaie, straatligte wat nie werk nie, die toestand van die parke en verskeie ander dienste wat in duie gestort het.
Makhura het ELM gewaarsku deur te sê: “I wish to make it very clear that I will not tolerate any delays with regard to the delivery of services.”
Dis is die eerste keer in byna 21 jaar dat ‘n afgevaardigde van die regering met inwoners van die ELM vergader. Verskeie inwoners soos Thomas du Toit van Save the Vaal, DA raadslid Phillip Nothnagel en die voorsitter van die Vanderbijlpark-tak van AfriForum, Elizabeth van Niekerk, het die vergadering en spesifiek vir Makhura te woord gestaan oor die klagtes. Een van die klagtes op die tafel was die swak telefoon antwoorddiens van die munisipaliteit. Verskeie inwoners het probleme geopper soos studentebehuising, onvoldoende polisiëring, onbeskofte munisipale beamptes en na-ure telefoonlyne wat nie beman word as gevolg van geen oortydbetaling. Makhura het onderneem om weer ‘n opvolgvergadering te hou.



