Local newsNewsNews

Carel de Wet 1979-matrieks hou 40 jaar-reünie

VANDERBIJLPARK. – Nadat ‘n lang tydperk van 40 jaar verloop het, het Kobus Kriek besluit om sy ou hoërskoolvriende weer op te soek. Hy het ‘n paar gekontak en sommer gou is ‘n komitee gestig waar almal die verantwoordelikheid opgelê is om alle oudmatrieks van HTS Carel de Wet wat in 1979 matriek geskryf het, …

VANDERBIJLPARK. – Nadat ‘n lang tydperk van 40 jaar verloop het, het Kobus Kriek besluit om sy ou hoërskoolvriende weer op te soek. Hy het ‘n paar gekontak en sommer gou is ‘n komitee gestig waar almal die verantwoordelikheid opgelê is om alle oudmatrieks van HTS Carel de Wet wat in 1979 matriek geskryf het, op te spoor. In 1989 het dieselfde groep ‘n 10 jaar-reünie gehou. “Dit was baie moeiliker, aangesien die voordeel van Facebook en WhatsApp in  daardie tyd nog nie bestaan het nie,” sê Kobus. Landlyne en registers is van die skool en Onderwysdepartment aangevra om te help met die bomenslike taak om almal op te spoor. Uiteindelik is sowat 20 maats uit die klas van sowat 150 matrieks opspoor. Die keer is dit heelwat makliker en kon hulle reeds sowat 70 oudleerlinge opspoor. Baie is nog steeds nie gekontak nie. Hulle versoek dat enigeen wat weet van ‘n persoon wat in 1979 aan die Hoërskool Carel de Wet matrikuleer het, die reëlingskomitee sal kontak. Die reünie word op 5 Oktober van 12:00 af by Old Vaaltonians in Vanderbijlpark gehou. Mans, vrouens en metgeselle is net so welkom en dit gaan groot pret wees. Die reünie sluit ‘n heerlike spitbraai en lekker kuier in. Alle kostes is reeds gedek. Belangstellendes kan die volgende mense van die reëlingskomitee kontak: Kobus Kriek – 082 852 1983 Gys Barnard – 083 628 8098 Jakkie Erasmus – 061 588 2713

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button