Speke sing om beker huis toe te bring
VANDERBIJLPARK. – Die Hoërskool Transvalia se bergfietsspan het 59 skole van Suid-Gauteng onlangs uitgestof om as die Suid-Gauteng Spur-skolereekskampioen gekroon te word. Die laaste wedren van die reeks is op die uitdagende terrein van St. Stithians in Randburg beslis. Die volgende ryers het onder die top 15 van hul onderskeie ouderdomsgroepe geëindig: o.14: Ruben Gombos, Amy Annandale en Chanèl Botes; o.15: Francois Botes, Marinus Faling en Victor …
VANDERBIJLPARK. – Die Hoërskool Transvalia se bergfietsspan het 59 skole van Suid-Gauteng onlangs uitgestof om as die Suid-Gauteng Spur-skolereekskampioen gekroon te word. Die laaste wedren van die reeks is op die uitdagende terrein van St. Stithians in Randburg beslis. Die volgende ryers het onder die top 15 van hul onderskeie ouderdomsgroepe geëindig: o.14: Ruben Gombos, Amy Annandale en Chanèl Botes; o.15: Francois Botes, Marinus Faling en Victor Long. o.16: Bernice van Staden, Alissa Brink, Johan de Villiers, Damian Steyn en Victor Long; o.19- Konrad Spanig, DJ Kruger, Natalie Long, Ilke Botes en Kaylin Gombos.
Valia spog verder met drie ryers, Ruben Gombos, Francois Botes en Natalie Long wat die provinsiale Spurreeks-wenners is. Ruben, Marinus, Johan, Natalie, Ilke en Kaylin is ook vir die Gauteng-Suid Dream Team gekies. Natalie was behoorlik aan die gang en het die prys vir die vinnigste rondte
deur ‘n meisie op die dag gewen. Sy is voorts ook as die kaptein van die Gauteng-Suid span aangewys vir die SA’s wat vandeesmaand by die Hoërskool
Wagpos aangebied word.



