NewsNews

Huiswerker in plas bloed gevind

VANDERBIJLPARK. – Twee skoolkinders het Dinsdagmiddag 27 Oktober na skool by hul ouerhuis op die hoek van Danie Theron- en De Beerstraat, SE2, op die lyk van hulle huiswerker afgekom waar sy in ‘n plas bloed gelê het. Die oorledene, me. Angelina Motobaki (28) van Lesotho, is deur ER24 op die toneel dood verklaar. Die …

VANDERBIJLPARK. – Twee skoolkinders het Dinsdagmiddag 27 Oktober na skool by hul ouerhuis op die hoek van Danie Theron- en De Beerstraat, SE2, op die lyk van hulle huiswerker afgekom waar sy in ‘n plas bloed gelê het.
Die oorledene, me. Angelina Motobaki (28) van Lesotho, is deur ER24 op die toneel dood verklaar. Die polisie en hul forensiese spanne het Dinsdagaand tot laat die toneel gefynkam vir leidrade. Die vermoede bestaan dat dit ‘n huisbraak was, maar geen uitsluitsel kon nog verkry word nie. Die polisie het bevestig dat ‘n klag van moord ondersoek word, maar wou geen verdere inligting beskikbaar stel nie, aangesien dit die ondersoek kan benadeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button