CommunityEntertainmentLocal newsNewsNewsPhoto Galleries

Ettienne van Rensburg VANDERBIJLPARK. – Harry’s Wholesale Butchery se Boeredag wat Saterdag gehou is, het duisende Vaaldriehoekers gelok. ’n Lang ry motoriste wat geduldig gewag het om by Rietspruit 53, Lochvaal in te draai, was ‘n bewys dat daar ‘n groot makietie aan die gang is. Met die intrapslag is mens se sintuie oorweldig. Aanvanklik …

Ettienne van Rensburg
VANDERBIJLPARK. – Harry’s Wholesale Butchery se Boeredag wat Saterdag gehou is, het duisende Vaaldriehoekers gelok.
’n Lang ry motoriste wat geduldig gewag het om by Rietspruit 53, Lochvaal in te draai, was ‘n bewys dat daar ‘n groot makietie aan die gang is.
Met die intrapslag is mens se sintuie oorweldig. Aanvanklik het die skerp reuk van skaap- en beesmis die dorpsjapies se oë laat traan, maar vir die boere het dit groot opwinding voorspel.
Vetvee-veiling.
In die ouditorium het honderde boere soos bye om ‘n heuningkoek saamgedrom, terwyl die afslaer se geoliede tong vir ‘n hipnotiserende gedreun gesorg het.
Vir diegene wie se geld ‘n gat in hul sak gebrand het, was daar ‘n groot verskeidenheid klere, allerhande interessante artikels en kosstalletjies om hul hardverdiende geld te spandeer.
Die geure van die braaivleis en potjiekos-kompetisie het die feesgangers se monde sommer laat water. Terwyl die kontantkroeg lafenis vir die droë kele verskaf het, het kunstenaars soos Dusty Dixon, Chane Valentine, Juan Boucher, Dirk van der Westhuizen, Steve Hofmeyr en Dozi feesgangers tot laataand vermaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button