EntertainmentLifestyleLocal newsNewsNews

Houtkabouter op die planke

VEREENIGING. – Die ikoniese houtkabouter, Pinocchio en sy mede-sprokieskarakters Geppetto en Jiminy Cricket, het oud en jonk Saterdag by Kariba Ranch vermaak. Danksy Toet en Taal Produksies, is Kinderteater in die Vaaldriehoek besig om sy gloriedae te herleef. Yolandi du Bruto van Toet en Taal het Hansie en Grietjie vroeër vanjaar op die planke gebring en Sneeuwytjie is eersdaags ook aan …

VEREENIGING. – Die ikoniese houtkabouter, Pinocchio en sy mede-sprokieskarakters Geppetto en Jiminy Cricket, het oud en jonk Saterdag by Kariba Ranch vermaak.
Danksy Toet en Taal Produksies, is Kinderteater in die Vaaldriehoek besig om sy gloriedae te herleef. Yolandi du Bruto van Toet en Taal het Hansie en Grietjie vroeër vanjaar op die planke gebring en Sneeuwytjie is eersdaags ook aan die beurt.
Lewenslesse en morele waardes word spelenderwys op ‘n interaktiewe prettige wyse aan die kleinspan oorgedra. Oumas en oupas het hulle prulle jeug saam met kinders en kleinkinders herleef. Du Bruto-hulle vul ‘n groot leemte in kindervermaak in die Vaaldriehoek.
Die passie en liefde wat in die produksie en stel ingaan, is amper tasbaar. ‘n Mens kan nie wag om te sien waarmee hulle volgende vorendag gaan kom nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button