LifestyleLocal newsNewsNews

Art Farm ’n puik platvorm vir kunste

WALKERVILLE. – Die bekende Art Farm is ‘n kunsparadys waar alle kunste welkom is. Eugene en Ilze Bekker van Vanderbijlpark het vyf jaar gelede die plaas Yellow Stone Stud in die gewilde The Art Farm omskep. Op die plaas het Eugene die krieketveld ‘n prioriteit gemaak om die omliggende skole te akkommodeer en Ilze het gesorg vir ‘n besonderse restaurant waar daar lekker geëet kan word. Die omgewing se kleinboere en handelaars kontak hulle …

WALKERVILLE. – Die bekende Art Farm is ‘n kunsparadys waar alle kunste welkom is. Eugene en Ilze Bekker van Vanderbijlpark het vyf jaar gelede die plaas Yellow Stone Stud in die gewilde The Art Farm omskep. Op die plaas het Eugene die krieketveld ‘n prioriteit gemaak om die omliggende skole te akkommodeer en Ilze het gesorg vir ‘n besonderse restaurant waar daar lekker geëet kan word.
Die omgewing se kleinboere en handelaars kontak hulle gereeld en vars produkte en gebak vorm nou deel van die Art Farm. Eugene en Ilze het plaaslike uitstallers betrek en sodoende het unieke winkeltjies by die Art Farm ‘n tuiste gevind. Daar is meer as 3 000 produkte te koop.
Hieronder tel ‘n groot handgemaakte seepprojek en ‘n bakkery wat heerlike lekkernye verkoop. Tydens die aandmarkte is daar selfs beesstert te koop, en by die deli is alles van ingelegde perskes tot fudge te koop. Die Art Farm maak selfs sy eie bier. Dan is daar ook nog alles van houtwerk tot handgemaakte tafeldoeke.
Tjoko Paint-klasse word aangebied en pottebakkersverf en chochalte moulding is beskikbaar. Dan is daar die gewilde boekwinkel en ander versteekte skatte tussen staaldiere en tuine. Gaskunstenaars tree ook gereeld hier op. Die Art Farm het selfs fasiliteite om ‘n film te maak en het reeds ‘n kortfilm gemaak.
Die perdestalle is in galerye omskep en van die land se bekendste kunstenaars soos Barbi van de Val, Lizett Jubber en Adri Grobler is permanente
uitstallers. Oor die afgelope vyf jaar het meer as 60 kunstenaars reeds hier hul werke uitgestal en verkoop. Die Bekkers se visie is om die Art Farm in
die grootste kunshub in die Suide van Johannesburg en die Vaaldriehoek te omskep. Vir meer inligting kontak Ilze by 076 592 2999.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button