ACDC en Deep Purple in Vaaldriehoek herleef
VEREENIGING. – Die musiekgroep ACDC vs Deep Purple Tribute het Saterdag 28 September die Barnyard Vereeniging se dak laat lig met Rock ’n Roll-treffers van die groepe ACDC en Deep Purple uit die 60’s en 70’s. Die groep se skrilstemsanger, Ryan Howell, het hom goed van sy taak gekwyt om die gewilde liedjies uit die amper-vergete era van Rock …
VEREENIGING. – Die musiekgroep ACDC vs Deep Purple Tribute het Saterdag 28 September die Barnyard Vereeniging se dak laat lig met Rock ’n
Roll-treffers van die groepe ACDC en Deep Purple uit die 60’s en 70’s.
Die groep se skrilstemsanger, Ryan Howell, het hom goed van sy taak gekwyt om die gewilde liedjies uit die amper-vergete era van Rock ’n Roll
aan die gehoor oor te dra soos wat mense dit onthou.
Jy moes jouself by tye knyp om seker te maak dat jy in die Barnyard Vereeniging sit en nie by ’n konsert in die 60’s of 70’s nie. Die skare het mal gegaan toe die groep bekende treffers soos Deep Purple se Child in Time en Smoke on the Water, sowel as ACDC se Highway to Hell en natuurlik Thunderstruck gesing het.
Laasgenoemde liedjie, wat gehou is vir heel laaste, het veral die gehoor gaande gehad. Die verhoogproduksie is gebore toe Jason Oosthuizen,
’n voormalige tromspeler vir Van Coke Kartel en Oooth wat voorheen huldeblykvertonings vir Led Zeppelin, Guns ’n Roses en ander groepe op die
planke gebring het, besluit het dat die legendariese ACDC en Deep Purple ook ’n huldeblykvertoning verdien. Die groep bestaan uit Oosthuizen op die
tromme, Howell (van The Monroes) wat sing, Werner Bosman (van Jesse Cleg) op die kitaar en Jow Feldtmann (The Narrow) op baskitaar.






