Midvaal-munisipaliteit skitter in SA én Rusland
Die eerste Internasionale Munisipale BRICS-forum is van 20 tot 22 September in St. Petersburg, Rusland gehou, met die Midvaal-munisipaliteit as enigste plaaslike raad in Suid-Afrika wat genooi is om deel te neem. Die geleentheid is met die ondersteuning van die Ministerie van Buitelandse Sake van die Russiese Federasie binne die raamwerk van die internasionale munisipale BRICS-samewerkingsprojek gehou. Buiten Rusland het verteenwoordigers van Brasilië, Indië, China en …
Die eerste Internasionale Munisipale BRICS-forum is van 20 tot 22 September in St. Petersburg, Rusland gehou, met die Midvaal-munisipaliteit as enigste plaaslike raad in Suid-Afrika wat genooi is om deel te neem.
Die geleentheid is met die ondersteuning van die Ministerie van Buitelandse Sake van die Russiese Federasie binne die raamwerk van die internasionale munisipale BRICS-samewerkingsprojek gehou. Buiten Rusland het verteenwoordigers van Brasilië, Indië, China en Suid-Afrika
dié hoëvlakgeleentheid bygewoon. Die DA-beheerde Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, wat reeds herhaaldelik as een van Suid-Afrika se besbestuurde munisipaliteite aangewys is, was die enigste Suid-Afrikaanse munisipaliteit by die forum. Die afvaardiging van sewe Midvalers is gelei deur
mnr. Freddie Peters, Speaker van die munisipaliteit, en het onder andere ook jong swart entrepreneurs ingesluit.
Die internasionale projek beoog om ‘n nuwe platform vir wedersydse voordelige samewerking ten opsigte van sosiale, ekonomiese en sake-inisiatiewe tussen internasionale munisipaliteite in BRICS-lande te vestig. Die forum-organiseerders het ten doel om ‘n formaat daar te stel waarbinne
dialoog kan plaasvind en geleenthede geskep word om probleme en uitdagings in die verskillende lande se munisipaliteite te ondersoek, en aanbevelings te maak aan die Hoofdeberaad van BRICS-lande, wat aanstaande jaar in St. Petersburg gehou word. Die ondertekening van kontrakte en
ooreenkomste tussen munisipaliteite en beleggers sal ‘n vaste komponent van die forum word. Daar word beplan om die lys van verteenwoordigende lande volgende jaar verder uit te brei.
Internasionale samewerking soos deur die forum voorgestel, bied nuwe geleenthede vir die integrasie van suksesvolle projekte. Die deelnemers het onder andere die moontlikheid bespreek om ‘n gesamentlike netwerk van digitale biblioteke te open (soortgelyk aan die Boris Jeltsin Presidensiële
Biblioteek) in alle BRICS-lande. Daar word ook beplan om interaksie op sportgebied te ontwikkel. Mnr. Peters het tydens die forumbesprekings
daarop klem gelê dat dit belangrik is om ‘n intermunisipale BRICS-kantoor in elke land in ‘n goedbestuurde munisipaliteit te hê. Sulke kantore kan dan as inligtingsentra tussen beleggers en munisipaliteite van die BRICS-lande gebruik word.
Hy het aanbeveel dat studente gehelp moet word om die tale van die deelnemende lande aan te leer sodat daar beter kommunikasie kan wees. Hy is van mening dat dit die toerismebedryf tussen die lande kan bevoordeel.
“In die winter kan mense van die Suide die lande in die Noorde besoek, waar dit dan somer is, en omgekeerd. Midvaal is ideaal geleë om as ‘n basis te dien vir toeriste en beleggers uit enige BRICS-land om die res van Suid-Afrika en die Afrikakontinent te bereik. Dit is slegs 30 min vanaf die O.R. Tambo-lughawe en grond vir ontwikkeling is beskikbaar en bekostigbaar,” sê Peters. Tydens die finale sitting het die afgevaardigdes ‘n “padkaart”
opgestel om jongmense met gemeenskaplike belange te verenig en hulle geleenthede te bied om samewerking via sosiale netwerke te bevorder. Die forum se belangrikste gevolgtrekking was dat verenigde pogings nie net tussen die BRICS-lande bevorder moet word nie, maar ook tussen aparte munisipaliteite in Rusland, Brasilië, Indië, China en Suid-Afrika.
‘n Oop dialoog tussen dié lande sal help om nuwe kontakte te vestig en bestaande kontakte te versterk, sowel as om interpersoonlike kommunikasie te ontwikkel.



