LifestyleLocal newsNewsNews

Hope talent en energie!

VANDERBIJLPARK. – Paul Roux se verlies is die Vaal se wins! Want dit is waar Celeste van Graan (42) haar kom vestig het. Vaalweekblad word met sy besoek aan dié talentvolle kunstenaar se woning in Mantevrede deur die mooiste windhonde (Italian Whippets) en hul sprankelende eienaar verwelkom. Waar om te begin met so baie talent en energie? Sy het ‘n aanvoeling vir grafiese ontwerp, …

VANDERBIJLPARK. – Paul Roux se verlies is die Vaal se wins! Want dit is waar Celeste van Graan (42) haar kom vestig het. Vaalweekblad word met sy besoek aan dié talentvolle kunstenaar se woning in Mantevrede deur die mooiste windhonde (Italian Whippets) en hul sprankelende eienaar verwelkom.
Waar om te begin met so baie talent en energie? Sy het ‘n aanvoeling vir grafiese ontwerp, fotografie, kuns, skilder, juweelontwerp … of sommer iets
uit niets. Selfs die juweliersware wat sy aan het is opvallend. Elke handgemaakte juweelstuk het ‘n boodskap. Spontaan soek jou hande deur die juweliersware en ieder en elk is besonders. Celeste se lewe is verweefd in haar liefde, erkenning en dankbaarheid teenoor haar Hemelse Vader vir elke talent. “Elke mens het ‘n talent. Leef dit elke dag uit,” sê sy.
Celeste begin met wit juweliersware omdat die item so besonders skaars is in die handel. Sy kyk na al die ou juweliersware en gee dit ‘n nuwe fleur en
elegansie. Sy werk selfs met leer en gebruik lasertegnieke om daarom te ”print”. Celeste se juweliersware is reeds in verskillende dorpe te koop. Sy beplan ook om binnekort by markte uit te stal. Celeste deel ook graag haar kennis. Sy bied werksessies aan in haar ruim ateljee waar jy jou verweerde juweliersware nuwe lewe kan gee.
Maar dit is fotografie, wat sy reeds die afgelope tien jaar beoefen, wat vinnig deel word van die gesprek. Sy hou daarvan om die siel van ’n geleentheid
met haar kamera vas te vang. In die groet is die wete… hierdie jong vrou se talente sal oor jare heen aan haar nageslag eer gee. Belangstellendes wat
met Celeste wil kontak maak kan haar by 079 523 5356 skakel.

Van die unieke juweliersware wat deur
Celeste van Graan ontwerp is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button