Nico Nel skuldig bevind aan diefstal
‘n Bekende voormalige storieverteller van die gewilde TV-reeks Maak ‘n Las, Nico Nel, is vroeër die week skuldig bevind aan diefstal. Dit was nadat ‘n pleitooreenkoms in ‘n distrikshof in Worcester bereik is. Volgens fin24 moet Nel Old Mutual ‘n bedrag van meer as R1,8 miljoen terugbetaal, wat hy van sy suster Klaradyn Augustyn (73) …
‘n Bekende voormalige storieverteller van die gewilde TV-reeks Maak ‘n Las, Nico Nel, is vroeër die week skuldig bevind aan diefstal. Dit was nadat ‘n pleitooreenkoms in ‘n distrikshof in Worcester bereik is.
Volgens fin24 moet Nel Old Mutual ‘n bedrag van meer as R1,8 miljoen terugbetaal, wat hy van sy suster Klaradyn Augustyn (73) van Worcester gesteel het.
Nel, voorheen finansiële adviseur by Old Mutual, was veronderstel om ‘n bedrag van R1,86 miljoen – wat sy suster aan hom toevertrou het – by die maatskappy te belê. In plaas daarvan het hy die geld vir persoonlike aankope aangewend en om sy skuld te vereffen.
Na bewering het Nel sy suster onder die indruk gehou dat haar geld veilig by Old Mutual belê is deur haar ‘n bedrag van R85 398 as ‘rente op die belegging’ te betaal. Benewens die terugbetaling van R1,8 miljoen in drie paaiemente aan Old Mutual, is Nel ook gevonnis tot agt jaar gevangenisstraf, opgeskort vir vyf jaar. Gedurende hierdie tyd mag hy nie aan enige ander diefstal skuldig bevind word nie – anders sal hy agt jaar moet uitdien, het die landdros gesê.



