NewsNews

NWU-dosent sterf nadat hy in ‘n sloot op die kampus geval het

Volgens ‘n artikel gepubliseer op potchefstroomherald.co.za ‘n Dosent aan die Noordwes Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus is vroeg Saterdagoggend (19 Oktober) dood na hy in ‘n sloot op dié kampus geval het. Die liggaam van Rudi van de Venter (48) is net na 06:00 Saterdagoggend deur ‘n lid van Beskermingsdienste in die sloot gevind. Hy was …

Volgens ‘n artikel gepubliseer op potchefstroomherald.co.za ‘n Dosent aan die Noordwes Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus is vroeg Saterdagoggend (19 Oktober) dood na hy in ‘n sloot op dié kampus geval het.

Die liggaam van Rudi van de Venter (48) is net na 06:00 Saterdagoggend deur ‘n lid van Beskermingsdienste in die sloot gevind. Hy was reeds dood.

Die sloot is onlangs vir herstelwerk aan waterpypleidings gegrawe. Van de Venter was in die vroeë ure van Saterdagoggend vermoedelik te voet op pad na sy kantoor op die onderwyskampus toe hy in die sloot naby gebou B10 geval het.

Kapt. Aafje Bothma, ‘n provinsiale polisiewoordvoerder sê Van de Venter se liggaam is in ‘n onnatuurlike posisie, met sy kop na onder, in die sloot gevind.

“Daar word vermoed dat hy sy nek gebreek het,” sê sy.

Die polisie is tans besig met ‘n geregtelike doodsondersoek.

Louis Jacobs, ‘n woordvoerder van die NWU sê personeel en studente by wie Van de Venter betrokke was, ontvang vandag berading. Die universiteit se beraders staan sy familie ook by.

“Dit is vir die universiteit baie sleg om een van ons dosente te verloor. Veral onder sulke omstandighede op ons kampus,” sê Jacobs.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button