NewsNewsSportSport

Parkrun vier 15de bestaansjaar

VEREENIGING. – Riviera on Vaal parkrun, een van talle parkruns in die Vaaldriehoek, het Saterdag, 5 Oktober parkrun as internasionale beweging se 15de bestaansjaar gevier. Die geleentheid is ook gebruik om die Riviera on Vaal parkrun se eerste bestaansjaar te vier. Meer as 108 atlete het die geleentheid bygewoon en ná die tyd is deelnemers met kolwyntjies bederf. Die eerste Riviera on Vaal parkrun is op 27 Oktober …

VEREENIGING. – Riviera on Vaal parkrun, een van talle parkruns in die Vaaldriehoek, het Saterdag, 5 Oktober parkrun as internasionale beweging se 15de bestaansjaar gevier. Die geleentheid is ook gebruik om die Riviera on Vaal parkrun se eerste bestaansjaar te vier. Meer as 108 atlete
het die geleentheid bygewoon en ná die tyd is deelnemers met kolwyntjies bederf.
Die eerste Riviera on Vaal parkrun is op 27 Oktober 2018 aangebied en sedertdien is daar reeds 52 parkruns op die gholfbaan gehou. Die internasionale parkrun-beweging het Saterdag, 2 Oktober in 2004 by Bushy Park in Teddington in die Verenigde Koninkryk ontstaan toe 13 hardlopers en vyf vrywilligers bymekaar gekom het vir ’n gratis 5km pretdraf, waartydens atlete se tye aangeteken is. Dit sou die wêreld se eerste parkrun wees. Vyftien jaar later en meer as vier miljoen mense van 21 lande regoor die wêreld het reeds meer as ‘n gesamentlike 53.8 miljoen
parkruns afgelê. In Suid-Afrika het die parkrun nou al so deel van die Suid-Afrikaanse kultuur geword soos braaivleis, brandewyn en Coke, met duisende mense wat weekliks by meer as 200 parkruns regoor die land hardloop, draf of stap. Die heel eerste Suid-Afrikaanse parkrun is op 12 November 2011 by Delta Park in Johannesburg gehou en vandag is daar parkruns regoor Suid-Afrika, in al die provinsies. Daar is deesdae ook talle parkruns in die Vaaldriehoek, waarvan Riviera on Vaal een is. Ander nabygeleë parkruns sluit die gewilde Heron Banks parkrun, die Meyerton parkrun, Phoenix Park parkrun in Vanderbijlpark, Vaal Marina parkrun en Drumblade parkrun in.
Volgens Linda Bosch, direkteur van Riviera on Vaal parkrun, was dit ’n wilde jaar vir dié parkrun aan die oewer van die Vaalrivier, met rioolwater
wat gereeld uit dreine uit opgestoot het en op die gholfbaan beland het. Danksy slote wat gegrawe is om die water na die Vaalrivier te kanaliseer, kan
parkrunners darem nou weer op droë grond hardloop. Die Comrades-legende Bruce Fordyce sal in Desember vanjaar die Riviera on Vaal parkrun besoek.

VOLLE VAART: De Wet van
Jaarsveld op pad na ’n sesde
plek in Saterdag se Riviera on
Vaal parkrun.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button