CommunityLocal newsNewsBreaking News

Vyf honde by drie huise vergiftig

Inwoners word gewaarsku om op hul hoede te wees nadat vyf honde gisteraand by drie huise in Deneysville vergiftig is. Om honde te vergiftig is ongelooflik wreed en baie hartseer en traumaties vir die eienaars. Wat dit egter nog erger maak is die feit dat dit met ‘n rede gedoen is. Dit is die voorloper …

Inwoners word gewaarsku om op hul hoede te wees nadat vyf honde gisteraand by drie huise in Deneysville vergiftig is.

Om honde te vergiftig is ongelooflik wreed en baie hartseer en traumaties vir die eienaars. Wat dit egter nog erger maak is die feit dat dit met ‘n rede gedoen is. Dit is die voorloper van nog kwaad wat kan volg en inwoners word daaroor gewaarsku om ekstra voorsorg te tref.

Mense word aangeveel om hul honde eerder binne die huis te laat slaap vir hulle eie en hulle honde se veiligheid. Honde-eienaars kan selfs net ‘n deel van die kombuis, of ‘n ander vertrek vir die honde inrig wat afgeskort is van die res van die huis.

Indien jy glad nie jou hond in die  huis wil laat slaap nie, sal dit goed wees om wel te weet hoe om vergiftiging van honde te hanteer.

Hier is ‘n paar wenke wat gevolg kan word indien jou hond gif ingekry het.

1. Bel dadelik ‘n veearts indien jy kan en neem die hond soontoe.
2. Terwyl reëlings getref word, of jy te ver van ‘n veearts is: maak seepwater aan (seeppoeier) – meng 1 teelepel met ‘n koppie lou water en laat jou hond dit drink sodat hy die gif kan uitbraak.
3. As jy geaktiveerde houtskoolpille (charcoal pille) het, gee minstens vier stukke daarvan vir jou hond in (maak fyn, maak met water en gee dit in). Eienaars word aanbeveel om geaktiveerde houtskoolpille te koop en sodoende gereed te wees om so ‘n voorval te kan hanteer. Dit kan by Dis-Chem of meester ander apteke gekoop word.
4. As jy nie houtskoolpille het nie, vat vier snye brood en verbrand dit in die oond of “toaster”. Maak dit effens klam en gee dit stadig vir jou hond om te eet – dit sal die gif in die hond se maag absorbeer en neutraliseer. As jou hond dit uitbraak, gee dit weer, dit moet in sy maag bly.
Die gewildste soorte gif wat deur die wreedaarts gebruik word, is Two-step en rottegif.
As jou hond/kat rottefig ingekry het, is dit belangrik dat hulle met Vitamien K of Kyrovite K ingespuit word in ‘n aar. Dit word ook aanbeveel om vitamien K-pille aan te hou vir so ‘n geval.
Two-step is egter baie giftiger. Dit is ook bekend at Temik wat in kunsmis is. Die verkoop en stoor hiervan word streng beheer, maar ongelukkig slaag kwaaddoeners steeds daarin om daarvan aan te skaf.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button