CommunityEntertainmentLocal newsNewsNews

Plaaslike fotograaf is PSSA se nuwe President

VEREENIGING. – Fotografie is sy passie en sy kennis oor die Photographic Society of South Africa (PSSA) strek wyd en ver! Plaaslike sakeman en gerespekteerde amateurfotograaf, Francois Roux, is tydens die onlangse Nasionale Kongres van PSSA as die nuwe President verkies. PSSA is die nasionale organisasie wat na die belange van amateurfotograwe in Suid-Afrika omsien. …

VEREENIGING. – Fotografie is sy passie en sy kennis oor die Photographic Society of South Africa (PSSA) strek wyd en ver! Plaaslike sakeman en gerespekteerde amateurfotograaf, Francois Roux, is tydens die onlangse Nasionale Kongres van PSSA as die nuwe President verkies. PSSA is die nasionale organisasie wat na die belange van amateurfotograwe in Suid-Afrika omsien. Daar is landwyd tans sowat 70 fotografieklubs met sowat 1 200 geaffilieerde lede. Francois is reeds baie jare by die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging betrokke. Hy was voorheen ook voorsitter van die klub en spog met ‘n rits toekennings agter sy naam, waaronder verskeie nasionale en internasionale ere-titels. In fotografiekringe is Francois bekend vir sy kundigheid met ‘n kamera in die hand en die uitstekende foto’s wat hy oor die jare opgelewer het. Sy aanstelling as president word deur sy mede-klublede as ‘n puik keuse bestempel. Benewens die nuwe titel en verantwoordelikheid waarmee hy nou by PSSA betrokke sal wees, sal hy ook saam met die visepresident van PSSA, Jill Sneesby, verantwoordelik wees vir die opleiding van fotografiese beoordelaars. * Baie geluk Francois, die Vaaldriehoek en MooiVaal Media is trots op jou!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button