EntertainmentLifestyleLocal newsNationalNews

Nicholis Louw – World in Union nou digitaal beskikbaar!

Dié lied is die perfekte manier om die 2019 Rugbywêreldtoernooi op ’n hoë noot af te sluit! Dagboek solank ook Sondag, 24 November, wanneer Nicholis spesiaal vir Vaalweekbladlesers en al sy bewonderaars 'n Kerskonsert by Kompas Gemeente in Vanderbijlpark kom aanbied. Vaalweekblad gaan binnekort laat weet waar en wanneer julle kaartjies kan koop.

 

 

Die bekroonde en veelsydige superster, Nicholis Louw, en die begaafde sangeres Liezel Pieters het gedurende September 2019 ’n hartroerende weergawe van die 1995 PJ Powers en Lady Smith Black Mambazo-treffer, WORLD IN UNION vrygestel.  Dit het aanhangers se asems weggeslaan en kan gereeld oor die klankgolwe van  radiostasies landswyd gehoor word. Nou is daar goeie nuus: Hierdie hoendervleismooi weergawe is ook nou op digitale platforms beskikbaar!

 

Nicholis Louw en Liezel Pieters se stemme vul mekaar perfek aan in hierdie unieke emosieblaaide weergawe van WORLD IN UNION. Die lied is ’n merkwaardige huldeblyk aan ’n sportsoort met ’n ryk kultuur en sal luisteraars ook daaraan herinner om saam te staan in ’n wêreld waar situasies soms hopeloos lyk. Dit is beslis die perfekte manier om die 2019 Rugbywêreldtoernooi op ’n hoë noot af te sluit en ’n moet-hê-snit vir elke rugbykuier se musieklys.

 

Kry die liedjie hier:

Apple Music

https://music.apple.com/za/album/world-in-union-2019-feat-liezel-pieters-single/1484312032

Deezer
https://www.deezer.com/track/780980732

 

SOSIALEMEDIASKAKELS:

NICHOLIS LOUW

Facebook: https://www.facebook.com/nicholislouw/

Instagram: @nicholis_louw

Twitter: @NicholisLouw

Webblad: www.nicholislouw.co.za

 

LIEZEL PIETERS

Facebook: https://www.facebook.com/Liezel-Pieters-Page-1679873975410275/

Instagram: @liezelpieters777

Twitter: @LiezelPieters

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button