Local news

Vereeniging-man in mislukte kaping beseer

"Met genade en krag van Bo kon ek terugbaklei en myself verdedig en wegkom" - Chris Botha

 

Chris Botha van Vereeniging skryf op 3 November:
Aan al my vriende en familie in die Vaal-area, wees asseblief bitter versigtig in die omgewing van Habby & Lace. Ek was gisteraand op pad terug vanaf Vanderbijlpark na Drie Riviere toe kapers my by die verkeerslig probeer “hijack” het. Met genade en krag van Bo kon ek terugbaklei en myself verdedig en wegkom. Ja, dis my eie skuld dat my venster oop was maar so leer ‘n mens natuurlik.

Ek bedank God daar bo dat Hy my beskerm het en veilig gehou het in hierdie oomblik van nood. Dankie aan almal vir hul omgee en bystand – ek waardeer dit opreg baie. Hierdie kon baie erger uitgedraai het. Ek is werklik so dankbaar dat God by my was.

Wees asseblief versigtig mense, ons lewe in ‘n land van hel, en die duiwels is oral om ons.

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button