NewsNews

Vir wat se winskopie maak jy gereed vir ‘Black Friday’?

Ondanks moeilike ekonomiese tye, sal verbruikers op 29 Novembe weer winkels invaar op soek na die “beste aanbiedinge. PriceCheck, 'n produk- en prysvergelyking-webwerf, deel sy insigte oor verlede jaar se Black Friday.

ENCA berig PriceCheck het gesê die meerderheid van die kopers vroue was.

Volgens PriceCheck was die meeste kopers wat die webwerf besoek het, van Gauteng, gevolg deur die Wes-Kaap en Kwazulu-Natal.

“Die data van verlede jaar het getoon dat verbruikers geld bestee het aan elektroniese toerusting soos TV-stelle, slimfone en groot toestelle soos wasmasjiene,” sê Kali Moahloli: Hoof van verkope en kleinhandel by GfK Suid-Afrika.

Die verbruikerstudie van GfK wys dat “Desember steeds die maand is wat die meeste verbruikers geskenke vir familie en vriende koop, terwyl November die maand is om hulself te bederf.

Moahloli voorspel dat Swart Vrydag vanjaar nie so groot soos die afgelope drie jaar sal wees nie.

“Swart Vrydag het ‘n belangrike inkomstedrywer geword vir handelsmerke wat groot kaartjie-items verkoop in ‘n mark waar verbruikers waarde soek voordat hulle aankoop. Ondanks ‘n stywe ekonomie voorspel ons sterk prestasies vir die sektor vir tegniese en duursame goedere gedurende November, hoewel die groei miskien nie so indrukwekkend sal wees soos in 2016, 2017 en 2018 nie. ”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button