Local newsNewsNews

Amy’Leigh-ontvoering: Trane toe verdagtes in hof verskyn

VEREENIGING. – Daar was trane in die hof toe die vier verdagtes wat op die ontvoering van die sesjarige Amy’Leigh de Jager teregstaan Woensdagoggend (13 November) weer vlugtig in die streekhof in Vanderbijlpark verskyn het.

Tharina Human (27), Pieter van Zyl (50), Laetitia Nel (40) en Bofokeng Molemohi (24) staan tereg op aanklagte van ontvoering en afpersing.

Die staatsaanklaer, adv. Luanda Ngcobo, het regter Hussain Khota vir uitstel gevra  tot 9 Januarie volgende jaar gevra omdat daar nog vir uitstaande DNS-uitslae die gewag word.

Ngcobo het aan Khota gesê sy hoop dat die verhoor in Februarie in die hooggeregshof kan begin maar die staat benodig die uitstaande DNS-uitslae voor hulle vir ‘n verhoordatum in die hooggeregshof kan aansoek doen.

Human, wie se aansoek om borgtog vroeër misluk het se oë was tranerig. Nel het vir haar ’n sneusdoekie aangebied. Nel is op borgtog uit. Van Zyl is in aanhouding nadat sy aansoek om borgtog, soos dié van Nel, misluk het. Molemohi het vroër sy aansoek om borgtog laat vaar en is ook steeds in aanhouding.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button