Nicky J van Vuuren se Helping hand is as senioren afdeling-wenner aangewys. Deon de Jager se “Spotlight on me” is die junior- wenner. In die monochroom-afdeling is die wenner seniorfotograaf en PSSA President, Francois Roux, met Waar is dit?. Die junior wenfoto is “Moment of joy’” van 3 Ster fotograaf Neville Hein.
In die ope-afdeling waar enige foto ingeskryf mag word, is Elrick du Toit die wenner in die junior-afdeling met Teleurstelling. In die ope seniorkategorie is Mietsie Visser (Meester silwerfotograaf) se Bloureier Landing die wenfoto. In die Kreatiewe- afdeling is Jan Jacobs (Meesterkandidaat), die senior- en afdelingwenner met The full story – Malachite. Die foto is ook as algehele wenfoto van die aand aangewys. Die klublede mag ook fotos aanlyn inskryf. Dieselfde beoordelaars evalueer die fotos en al hierdie inskrywings, met kommentaar, kan op die klub de
amptelike webtuiste www.vdbp-photo.org gesien word. Die aanlynwenner is Koos Fourie (klubvoorsitter) se Kokerboom oorleef.
Die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging is geaffilieer by PSSA (Photographic Society of South Africa), die nasionale liggaam wat na die belange van amateur fotograwe in Suid Afrika omsien.
Daar is tans ongeveer 70 fotografieklubs landwyd met 1700 geaffilieerde lede. PSSA bied elke maand ‘n kompetisie vir geaffilieerde klubs aan en die beste foto tydens ‘n klubaand word vir hierdie kompetisie ingeskryf. Klubwenners skryf maandeliks vir hierdie kompetisie in en wenfotos en
ander interessante inligting kan by www.pssa.co.za gevind word.
Die klub kom maandeliks byeen op die kampus van die Universiteit van die Noord-Wes in die Sentrum vir Telematiese Leer, Samancor auditorium, Vanderbijlpark waar alle fotograwe baie welkom is. Klubaande vind op die derde Vrydagaand van elke maand plaas en begin om 18:30. Die laaste klub byeenkoms vir 2019 vind plaas op 15 November wanneer die veelsydigheid van die lede getoets gaan word. Fotograwe kan uit 9 kategorieë kies
wat wissel van sport en natuur tot kreatiwiteit en 5 fotos inskryf. Hierdie is altyd ‘n besonder opwindende klubaand en alle belangstellendes word genooi om te kom kyk waarmee ons fotograwe vorendag gaan kom.
FOTOGRAFIE VIR BEGINNERS:
As gevolg van ongekende belangstelling bied die klub weer in Februarie en Maart 2020 ‘n Beginnerskursus in fotografie aan. Inligting kan by Henk Scheepers by 072 260 0513 of henks@attorneys.co.za verkry word. Die kursus is daarop gemik om beginner fotograwe ʼn stewige grondslag te gee in die korrekte gebruik van hulle kameras en toerusting. Die teoretiese opleiding word opgevolg deur praktiese klasse in o.a. landskap; natuur; sport; makro en portret fotografie. Die kursusgangers word ook gewys hoe om basiese fotoverwerking in Photoshop te doen. Die kursusgelde beloop
R3 000 pp vir die 4 x dae wat ʼn ligte ete en verversings elke dag ingesluit het Kontakpersoon: Johan Brits by 082 718 8394 of tsawa@yebo.co.za
Besoek die klub se opwindende en moderne Webtuiste: www.vdbp-photo.co.za vir verdere inligting, artikels en fotos van hierdie dinamiese, familie fotografieklub.
Besoek ook ons Facebook blad by https://www.facebook.com/VdbpPhotoClub waar daar gereeld interessante wenke en fotos opgelaai word.





