NewsNews

Van ‘paint by number’ tot kunstenaar

DE DEUR. - Erna Coleman (55) woon reeds 30 jaar op ‘n kleinhoewe in De Deur. Hier kansy haar passie uitleef. Om by haar te kuier beteken lammetjies melk gee en kuier met varsgebakte piesangbrood, voor die groot gesels kom.

Erna het van kleins af ‘n “paint by number” stelletjie verf as gunsteling geskenk waardeer. Sy was ook nog altyd lief vir diere en lees. Dit het haar stokperdjies geword en sy het haarself daardeur verryk.
In 2017 het haar lewe verander en kon sy haar kunswerke vanuit haar emosie en ervaring beleef. Elke skildery het vir haar ‘n storie en dra ‘n boodskap van vryheid.
Water en groen is deel van haar lewe. Vir haar is die boodskap van elke skildery eenvoudig. God se opdrag aan die mens: Gaan heers oor die skepping”.
Vir Erna wat langs die Gamtoosriviermond grootgeword het, is see- en natuurtonele ‘n natuurlike uitvloeisel van haar belewenis “Ek skilder daar waar voetspore nie geloop het nie …,” sê sy. Erna maak soms gebruik van verwysingsmateriaal, maar die skilderye ontstaan binne in haar. Realisme
is nie deel van haar vertrekpunt nie, maar elke werkstuk het ‘n realiteit.
Erna neem weekliks kunsklasse en het deel geword van die Groenpunt Gevangenis- projek. Sy is gevra om beoordelaar te wees in die “functional art” kategorie. Shiela Santilhano is vir Erna die kunstenaar ‘n groot inspirasie. Van Erna se werke hang in die Midvaal Hospitaal. Sy neem ook graad deel aan kunsuitstallings.
“Palet and Paint is vir my ‘n nuwe fase om aan te durf. Die uitgangspunt van die program is om kinders te ontwikkel in die fyn motoriese en emosionele groei,” verduidelik Erna. Hierdie program word by skole aangebied. Dit is ‘n nuwe konsep wat geïmplementeer word. “Kuns beteken vir elkeen iets anders. Vir my bring dit stilte,” sluit Erna af. Sy kan gekontak word by 082 858 2232.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button