Hy het toe al geweet dít is wat hy eendag met sy lewe wou doen. Hy wou sing. Vandag kan dié talentvolle topverkoper-sanger tien
albums agter sy naam skryf, waarvan vyf kort na hul vrystelling platinumstatus, en twee dubbelplatinumstatus bereik het.
Sy debuutalbum, My hart is aan die brand, is in 2003 uitgereik en het uiteindelik drievoudige platinumstatus behaal. Dit is opgevolg met nóg albums wat ook die suksesleer op landswye treffersparades geklim het en uiteindelik goud, platinum, dubbele en drievoudige platinumstatus bereik het.
Hoewel Nicholis van jongs af van ‘n verskeidenheid musiekgenres gehou het, het stemtoetse op 19 gewys dat sy stem eintlik ideaal vir opera- en
klassieke musiek sou wees. Na jare se stemafrigting bestaan sy repertoire vandag grotendeels uit rock, pop en ballades met sterk klassieke elemente.
Hy het hoofsaaklik naam gemaak met op-enwakker treffers soos Ek wil my baby hê vanaand; Rock daai lyfie; Generaal (ek kom jou dogter haal) en Net die een vir my (Maia Hee), maar die Vaaldriehoek was ook al bevoorreg om hom in ernstiger aanbiedings te sien, soos as solis in Richard Cock se Kersfeesaanbieding van Songs of Praise in die Etienne Rousseau-teater.
Hoewel pop en rock altyd deel van Nicholis se hoë-energie vertonings gaan bly, ontgin hy deesdae ook ‘n dieper faset van sy talent, naamlik Gospel.
Nou in sy dertigs, is dit duidelik dat Nicholis nie net vir die oomblik en vir kommersiële sukses leef nie. Hy was nog altyd ‘n Christen en weet waarheen hy op pad is, maar hy leef sy oortuigings deesdae baie sterker in die openbaar uit.
“Ek het my talent by die Here gekry as my ‘meal ticket’ en Sy woord is finaal. Jy kan maak wat jy wil – jy sal altyd uitkom waar Hy vir jou beplan het om te wees,” sê Nicholis.
Dit is dié ernstiger Nicholis Louw wat die Vaaldriehoek om 18:00 op Sondag, 24 November, gaan ontmoet wanneer hy Vaalweekblad se Kerskonsert
by die groot Kompas Gemeente gaan aanbied. Die uurlange vertoning gaan die allermooiste Christelike en algemene Kersfeesliedjies insluit.
Daar is soms meningsverskille oor Kersfeessimboliek en hoe Christene Kersfees behoort te vier. Nicholis het sy eie standpunt hieroor: “As mens
Kersfees vier met Jesus se geboorte as middelpunt, is die Kersfeessimboliek soos om geskenke te gee, deel van Sy liefde, omgee en welwillendheid wat
ons ook as mense onder mekaar versprei. Ons kinders verdien ‘n kinderlike, prentjiemooi, Kersfees met liggies en kleur, want dit is die mooiste Fees wat daar is,” sê dié pa van ‘n dogtertjie. Daar is ook ‘n tweede Louwtjie vir Nicholis en sy vrou, Denise, op pad.
* Kaartjies vir 24 November se Kerskonsert is nou reeds teen R100 vir volwassenes en R50 vir kinders onder 18 by Kompas Gemeente se kantoor beskikbaar. Kry jou kaartjies by die kerkkantoor in Abrahamstraat 90, Mantevrede, Vanderbijlpark, of skakel (016) 004 0016 of 083 246 0523 met
enige navrae.

debuutalbum in 2003 leer ken.



