Local newsNewsNews

Bella Bok veilig tuis na lang soektog

VANDERBJLPARK. - “Dit was vir ons ‘n senutergende drie weke. Ons het oral na ons klein Bella Bok gesoek, en het elke liewe leidraad opgevolg.

Ons het sommer net in trane uitgebars toe ons haar verlede week vir die eerste keer in drie weke weer in ons arms kon vashou.”
So vertel Erika Grobler van CW5 oor die soektog na haar en Chicka Grobler se klein Bella Bok. Bella is ‘n haarlose Mexican Crested hondjie en die beloning vir haar veilige terugbesorging het weekliks opgegaan tot uiteindelik R4 000.
“Ons wil almal bedank wat na haar help soek het. Ons het haar reeds by ‘n veearts gehad en bederf haar nou net baie.”
Erika en Chicka was reeds moedeloos toe ‘n vrou (Annette) hulle kontak met die nuus dat Bella Bok weer naby Tjokkerland gesien is. Met hulle aankoms het hulle na haar begin roep. Sy het uieindelik haar verskyning van agter ‘n klein baksteengebou gemaak en hulle kon haar optel en huis toe neem.
Hulle bedank in besonder vir Bernice Deyzel en nog ‘n vrou wat anoniem wil bly, vir hul R1 000 skenkings wat die beloning tot R4 000 kon verhoog.

Bella Bok, die haarlose “Mexian
Crested” hondjie wat vir sowat drie
weke soek was, is weer veilig tuis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button