Photo GalleriesSportSportSport

Krieketgolf gaan Vaal Tref

SASOLBURG. – Rural Krieket is besig om te herleef en die Vaaldriehoek gaan in Desember die middelpunt van belangstelling wees. Die Nasionale Rural o.15- en o.18-krieketweek vind van 1-4 Desember in Sasolburg en Vanderbijlpark plaas. Twee- en twintig spanne van regoor die land gaan aan die toernooi deelneem. Hendrik Coetzee, hoof van die HTS Sasolburg, …

SASOLBURG. – Rural Krieket is besig om te herleef en die Vaaldriehoek gaan in Desember die middelpunt van belangstelling wees.
Die Nasionale Rural o.15- en o.18-krieketweek vind van 1-4 Desember in Sasolburg en Vanderbijlpark plaas.
Twee- en twintig spanne van regoor die land gaan aan die toernooi deelneem.
Hendrik Coetzee, hoof van die HTS Sasolburg, het in 2003 die o.15-week in Welkom begin en dit het later uitgebrei na ‘n o.18-week ook. Krieket Suid-Afrika se o.17-week roteer jaarliks. Hoewel die o.15 en o.18 Rural weke geen fondse van Krieket Suid-Afrika kry nie, word dit met sy goedkeuring aangebied.
“Nadat die SA Platteland toernooie deur SA krieket gestop is, het ons besef dat daar ‘n behoefte bestaan vir provinsie soos Mpumalanga, Noord-Vrystaat, Griekwas, Limpopo en Noord-Kaap bestaan om aan ‘n nasionale toernooi deel te neem,” sê Coetzee.
Namibië stuur vanjaar twee spanne en daar is ook sterk verteenwoordiging vanuit die Boland en Kaap.
Die Vaaldriehoek was verlede jaar ook die gasheer vir die o.15-toernooi gespeel en vanjaar kom die o.18’s by.
Die Suid-Afrikaanse span vir leerder met spesiale onderrig behoeftes gaan ook tydens die toernooi in aksie wees.
Die spanne gaan in die HTS Sasolburg se koshuise tuis en die wedstryde sal op die HTS Sasolburg, Hoërskool Sasolburg, Affies Sasolburg, Sasolburg Krieketklub, Flavius Mareka, Hoërskool Transvalia en Old Vaaltonians gespeel word.
Die bepalings sal eersdaag bekendgemaak word.

Related Articles

 
Back to top button