EntertainmentNewsNews

Vaal se goue seun by Barnyard

VEREENIGING. - Refentse Morake is ‘n boorling van die Vaal en gewilde Afrikaanse sanger. Hierdie jong man het hope talent en is besig om diep in Afrikaanse musiekliefhebbers se harte te kruip. Sy plaaslike aanhangers kan gereed maak vir ‘n aand van prag-musiek wanner hy op 23 November by die Vereeniging Barnyard optree.

Refentse het aan Vereeniging Gimnasium gematrikuleer, waar hy ook die onderhoofseun van kultuur was.
“Dis ‘n voorreg om in die Vaaldriehoek op te tree en oudonderwysers en vriende in die gehoor te sien,” sê Refentse.
“Dis altyd lekker om in my hometown op te tree.”
Refentse sê hy het baie hard aan die spesifieke vertoning gewerk en die keer bring hy ‘n volle orkes saam – baskitaar, tromme, saxofoon en klavier. Die gehoor kan ‘n mengelmoes kardoes van Afrikaanse musiek verwag, asook die immergroen Jantjie in Zulu. Die titelsnit van sy album is Liefde Generasie.
Die vertoning behels dialoog en sang in stories wat hy graag met die mense van die Vaaldriehoek wil deel. Dit wat met hom gebeur het sedert hy Vereeniging verlaat het met sy klanktoerusting in sy pa se Uno. Reisiger uit sy pen sluit per toeval aan by ‘Gender
Based Violence’ op 25 November.
“Reisiger gaan oor die liefde. Ek besef dat meisies meer emosioneel lewe as mans. Ons as mans het ‘n militaristiese kultuur en dit skei ons emosies. Ons moet leer om liefde te wys.” Refentse meen mense moet vorentoe beweeg en hande vat om deur die moeilike seisoen in die land te beweeg. Aanvanklik was dit moeilik om die weegskaal in plek te hou tussen familie en werk, maar hy het vinnig besef dat familie die plek is waar die batterye laai. Daarom sal jy hom in die Kersseisoen tussen familie kry. “Geestelik het ek baie gegroei deur lees, reis en ontmoeting met mense. My raad aan ander is om hard te werk. Hou jou knieë op die grond en hou jou oë op die sterre,” sê Refentse.
Die drome wat in sy oë geswem het, het waar geword en hy groet met die woorde: “Love everlasting … liefde en respek vir almal en alles”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button