Die klub se junior-rugbyprogram is in 2012 op die been gebring en het hom as die grootste juniorklub in die Valke-streek gevestig. Die toekoms van die Rooi, Wit en Groen lyk blakend gesond. Volgens Leoné Coetzee, voorsitter van Vereeniging Junior Rugbyklub, streef die klub daarna om ‘n tuiste vir rugbyliefhebbers te skep wat ‘n positiewe bydrae wil maak.
“Al die afrigters het Boksmart en IRB Vlak-1 afrigtingskursusse voltooi om te verseker ons bied die beste afrigting vir die kinders,” sê sy.
Vereeniging, Springs, Benoni, Kempton Park, Elsburg, Brakpan, ERU, Meyerton, Bobbies, Suikerbos, Boksburg en Heidelberg speel almal teen mekaar, waarna die top vier spanne in die onderskeie ouderdomsgroepe tot die uitspeelrondes deurdring.
Vereeniging was vanjaar bevoorreg om spanne van o.8 tot o.18 in te skryf.
Die klub se spanne het soos volg presteer: o.9: ligawenner; o.10 B: ligawenner; o.12: derde plek; o.13: ligawenner; o.14: naaswenners; o.15: derde plek en o.18: derde plek.
Vereeniging spog ook met twee afrigters (Martin van Wyngaard: o.13 ITP-span en Le Frans Brink: o.15-ITP-span) en 11 spelers (Wynand Stols, Kyle Esterhuizen, Giacchino Gerber, Massyn Bukes, Shaun Radebe, Siyabonga Khambule, Hennie Coetsee, Jayden Basson, Morgan du Bruyn en Tiaan Swanepoel) wat vanjaar vir die onderskeie Valke Interprovinslae Toernooi se spanne gekies is.
Die span het teen die Blou Bulle, Sharks en Leeus gespeel. Die Valke ITP o.13-span is as die ITP-kampioen gekroon. Die spelers van die Vereeniging Junior Rugbyklub wat eersdaags saam met die o.12 SA-Rhinoweekspan in Engeland gaan toer, is: Marcel Mans, Kylè Maartens, Gerhard Rossouw, Gerhard Labuschagne, Bernard Benson en Quintin Schoeman. Die klub het vanjaar ook aan die JARU/ Blou Bulle 7’s-toernooi vir o.11, o.12, o.13
en o.15’s deelgeneem. Vereeniging wat die enigste klub tussen die 14 laerskole en sy o.13’s het daarin geslaag om die toernooi te wen. Die span het ook die vorige jaar die o.12- titel gewen.
Die klub nooi o.9 tot o.18-spelers uit om by die klub aan te sluit. Oefening skop op 2 Junie 2020 af. Oefentye is Dinsdae en Donderdae van 17:30 tot 18:30 by Phoenix High School (ou HTS Vereeniging). Vir meer inligting kontak Leoné by 064 902 4773.

hul liga gewen.



