NewsNews

Horingoud maar steeds lus vir pret!

VANDERBIJLPARK. – Op 26 Desember 1990 het ‘n piepklein miniatuur Dobermanhondjie van agt weke oud, deel geword van mev. Salomie Kruger se huishouding. Vandag is dié hondjie, Tannas, reeds 25 jaar oud en moontlik die sesde oudste hond in die wêreld! In mensjare maak dit hom 110 jaar oud! Volgens mnr. Nico Killian (49), mev. …

VANDERBIJLPARK. – Op 26 Desember 1990 het ‘n piepklein miniatuur Dobermanhondjie van agt weke oud, deel geword van mev. Salomie Kruger se huishouding. Vandag is dié hondjie, Tannas, reeds 25 jaar oud en moontlik die sesde oudste hond in die wêreld! In mensjare maak dit hom 110 jaar oud! Volgens mnr. Nico Killian (49), mev. Kruger se seun, kan Tannas ondanks sy hoë ouderdom nog goed sien, hoewel hy nie meer te goed hoor nie. Hy het nog al sy tande en eet enige “menskos” sowel as hondepille.Tipies van die manlike geslag, het Tannas steeds ‘n oog vir ‘n mooi nooi: hy hardloop nog heel manhaftig agter Nico se vier mopshond (pug)-tefies aan, hoewel die agterbene nie altyd meer so geesdriftig wil saamwerk nie.Volgens Nico het hy ‘n bietjie navorsing op die internet gedoen en gevind dat daar tans net vyf honde ouer as Tannas in die wêreld is. Nico sê hy sal graag by Vaalweekbladlesers wil hoor of hulle van ouer hondjies in ons omgewing weet. Tannas en sy ounooi bly tans by Nico en sy gesin op ‘n hoewe buite Vanderbijlpark.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button