LetterOpinions

Wat nou by toevlugsoord?

  Selma Jonker, Voorsitter van Lochvaal Emfuleni Welsyn, Gesinsorg, Deurgangshuis, Ontwikkeling & Opleiding Sentrum skryf: Ons probeer die laaste 3 jaar by die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit vir subsidie vir watergebruik vir die Toevlugsoord sonder enige sukses. Ons word telkens deur die Munisipaliteit weggewys, en die skokkende waterrekening beloop tans R 396’293.00. Asgevolg van die huidige ekonomiese tekort …

 

Selma Jonker, Voorsitter van Lochvaal Emfuleni Welsyn, Gesinsorg, Deurgangshuis, Ontwikkeling & Opleiding Sentrum skryf:

Ons probeer die laaste 3 jaar by die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit vir subsidie vir watergebruik vir die Toevlugsoord sonder enige sukses. Ons word telkens deur die Munisipaliteit weggewys, en die skokkende waterrekening beloop tans R 396’293.00.

Asgevolg van die huidige ekonomiese tekort kan ons nie voorbly met die betaling van die waterrekening nie. Met geloof in God en gebede in ons harte wil ons graag ‘n beroep doen op die gemeenskap en sake sektor wat ons asb behulpsaam kan wees met enige betaling op die rekening. Die rekening besonderhede te Emfuleni Munisipaliteit is rekening no: 10027587 of inbetaling by ABSA Bank Vanderbijlpark, Tjekrekening 405 677 3506, Takkode 632 005 met verwysing “water” en u kontaknommer. ‘n Art.18A kwitansie wat aftrekbaar is van belasbare inkomste kan uitgereik word vir bedraes oorbetaal in die rekening.

Ons sal dit opreg waardeer indien u ons behulpsaam kan wees met die verkryging van ‘n watersubsidie. ‘n Boorgat of bydrae tot die rekening vir die uitleef van ons passie vir die versorging van die kinders, mishandelde vroue, verwerpte bejaardes en gesinne sal hoogs op prys gestel word. Vir die afgelope 15 jaar probeer die Lochvaal Emfuleni Welsyn die druk op die gemeenskap te verminder en by uitstek dienste lewer aan arm honger hawelose kinders, ongehude moeders, mishandelde vroue en kinders en verwerpte bejaarde inwoners akkomodasie te gee, versorging, motivering, opheffing van morele waardes en standaarde, geestelike standvastigheid te skep, self onderhoudend te wees en weer hul plek in die gemeenskap vol te staan. Die Lochvaal Emfuleni Welsyn verskaf 357 maaltye per dag aan 119 persone waarvan 26 kinders is.

Die Lochvaal Emfuleni Welsyn ontvang geen staatshulp of subsidie nie en is slegs afhanklik van die gemeenskap en sakesektor. Die organisasie is wettiglik geregistreerd by Departement Sosiale Ontwikkeling 025-188 NPO asook by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens PBO 930 022 657 met Art.18A vergunning. U is welkom om ons enige tyd te besoek te Hoewe 161, Nanescol A.H, Rusticana Teerpad (4th Avenue op GPS navigasie) of kontak ons welsynskantoor op (016) 987-1948 of 083 496 9052, e-pos by lochvaallew@ yahoo.com of besoek ons webtuiste by www.lochvaalemfuleniwelfare. yolasite.com vir enige verdere navrae.

Die Lochvaal Emfuleni Welsyn wil u en Mooivaal Media hartlik bedank vir die geleentheid om ons behoefte aan u te kan voorlê.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button