NewsNews

Vinnige aksie na Leeuhof byna in rioolstank verstik

VEREENIGING. - Inwoners van Leeuhof sê hulle kan weer “versigtig begin asemhaal” nadat die Emfuleni-munisipaliteit die afgelope naweek ‘n gebarste rioolpyp, wat rou riool deur strate in dié buurt laat spoel het, herstel het.

Verskeie inwoners van Leeuhof het Vaalweekblad die afgelope naweek geskakel om te sê hulle kan die stank, veral in die omgewing van Kudulaan, nie uithou nie en dat hulle vir die naweek elders by familie sou moes tuisgaan. Mev. Ilse Botha, wat reeds byna drie dekades in Leeuhof woon en voorheen die gemeenskapsentrum bestuur het, sê dit was ‘n ernstige gesondheidsituasie en het die munisipale gesondheidsafdeling ingeroep om dringende aandag aan die probleem te kom gee.
Me. Belinda Kriel van die ANC het ook betrokke geraak en gereël dat die beskadigde pyp oor die naweek herstel word. Hoewel dit nie meer lek nie en die rioolwater in die strate en sypaadjies nou opgedroog het, is daar steeds ‘n ondraaglike stank, rapporteer inwoners. Verskeie inwoners van subekonomiese huise in die gebied het ook steeds te kampe met rioolwater wat in hul dreine opstoot en deur hul erwe spoel. In sommige gevalle begin die rioolwater al deur huise se mure en vloere sypel. Hulle hoop dat dié probleem, wat reeds sowat ses maande duur, ook binnekort opgelos sal word.
Volgens mev. Botha het ‘n gesondheidsbeampte onderneem om die probleem later hierdie week behoorlik te ondersoek sodat dringende aandag ook aan dié probleem gegee kan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button