HS Drie Riviere se klas van 1972 kuier saam
Die matrikulante van Hoërskool Drie Riviere se klas van 1972 is 'n besondere klompie wat gereeld saamkuier om bande te behou en oor die 'goeie ou dae' te gesels.
Die matrikulante van Hoërskool Drie Riviere se klas van 1972 is ‘n besondere klompie wat gereeld saamkuier om bande te behou en oor die ‘goeie ou dae’ te gesels.
Dié groep het onlangs weer saamgekuier en hope pret gehad. “Dit is goed vir die siel,” sê Wilma Haywood Paton, een van die organiseerders. Daar word beplan om volgende jaar weer ‘n groot reünie te hou.
“As enige van ons maters wat ons nog nie opgespoor het nie, wil saamkuier, sal dit wonderlik wees,” sê Wilma. Belangstellendes kan Wilma by 082 466 2247 of Johann van Eden by 082 464 0980 skakel vir meer besonderhede.



