Motorfietsryer ernstig beseer in botsing
VANDERBIJLPARK. – ‘n Man (vermoedelik in sy dertigs) is gister ernstig beseer nadat hy met sy motorfiets in ‘n botsing met ‘n motor op die hoek van Beethoven- and Schumannstraat betrokke was. ER24 se mediese personeel wat omstreeks 17:30 op die toneel. Hulle het albei die voertuie in die middel van die pad gevind. Die …
VANDERBIJLPARK. – ‘n Man (vermoedelik in sy dertigs) is gister ernstig beseer nadat hy met sy motorfiets in ‘n botsing met ‘n motor op die hoek van Beethoven- and Schumannstraat betrokke was.
ER24 se mediese personeel wat omstreeks 17:30 op die toneel. Hulle het albei die voertuie in die middel van die pad gevind. Die beseerde motorfietsryer het langs die pad op die sypaadjie gesit, terwyl die ander betrokkene op die ongelukstoneel rondgeloop het.
Die noodpersoneel het hulle ondersoek en gevind dat die motorfietsryer beserings aan sy skouer en pelvis opgedoen het. Hulle het hom op die toneel met pynmedikasie behandel waarna hulle hom na Mediclinic Vereeniging geneem het vir verdere behandeling.
Die bestuurder van die motor is nie beseer nie. Die saak word verder ondesoek.



