Midvaal se Dihan die ‘entertainer’
MEYERTON. – Die dorp mag dalk klein wees maar spog met groot vooruitsigte en inwoners met hope talent. Een van Vaalweekblad se vryskutskrywers, Hanti Pretorius, se paaie het onlangs met die van Dihan Schoeman gekruis en sy deel graag haar ondervinding: Die jong man het grootgeword met die wete dat hy ‘anders’ is. So tussen …
MEYERTON. – Die dorp mag dalk klein wees maar spog met groot vooruitsigte en inwoners met hope talent. Een van Vaalweekblad se vryskutskrywers, Hanti Pretorius, se paaie het onlangs met die van Dihan Schoeman gekruis en sy deel graag haar ondervinding:
Die jong man het grootgeword met die wete dat hy ‘anders’ is. So tussen die sang en toneelspeel het hy sy skoolloopbaan aan Hoerskool Dr. Malan in die dorp voltooi. Daarna neem hy ‘gap jaar’ en studeer LTCL (Lisensiaat in Musiek en Teater) wat gelykstaande is aan 4de jaar diploma in musiekteater. Die wonder van die kursus is dat ‘n eksaminator vanuit Londen moes kom en is die eksamen ‘n leerkurf op sy eie.
Dihan het vir ‘n geruime tyd agter die gordyn gewerk aan ‘n Pieter Toerien blyspel, en speel ook self in musiekblyspele ‘Calling me home” en ‘The Big Bad Musical’, om maar net ‘n paar te noem.
Sy soeke na meer kennis neem hom in 2017 na die Waterfront-teater in die Kaap en daarna vestig hy hom weer hier en kry ‘n droomrol in Binnelanders pas reg in sy kraal. Hy hoop die karakter groei saam met die sepie.
Dihan en medespeler Daniah deel ook ‘n passie vir sang en sing ‘n cover va die liedjie “The Climb” wat tans op YouTube te sien is. Dihan word toenemend genooi om as sanger op te tree by spesiale funksies. ‘n Ondervinding wat hom baie aanspoor is sy onlangse ontmoeting met Katie Perry. Haar woorde ‘I believe in you” hou Dihan tans gefokus.
Boodskappe van kinders wat hom nader vir hulp en ondersteuning het ook intusse deel van sy lewe geword. Hy het onlangs sy eerste enkelsnit vrygestel. Hiervoor het hy ‘al die los woorde en sinne in sy hart’gevat en die lied “Anders” geskryf: “luister vir my klein reenboogkind, weet jy is wakker en almal om jou slaap” .
Dihan kan by 074 483 2953 gekontak word vir optredes. Volg hom ook gerus op Facebook of Instagram @dihan0709.



