Kom hardloop saam op Kersdag
MIDVAAL. – Meyerton Parkrun beplan ‘n lekker drafsessie vir Valies op Woensdag, 25 Desember. Die parkrun begin om 08:00 tot 09:30. So dit beteken jy kan die spesiale dag op ‘n gesonde wyse afskop, voordat jy later die dag saam met familie en vriende ‘n heerlike Kersete geniet. As jy nog nie voorheen aan ‘n …

MIDVAAL. – Meyerton Parkrun beplan ‘n lekker drafsessie vir Valies op Woensdag, 25 Desember.
Die parkrun begin om 08:00 tot 09:30. So dit beteken jy kan die spesiale dag op ‘n gesonde wyse afskop, voordat jy later die dag saam met familie en vriende ‘n heerlike Kersete geniet.
As jy nog nie voorheen aan ‘n Kersfees-parkrun deelgeneem het nie, maar baie graag wou, is hierdie jou laaste kans. Daar sal nie weer in 2020 ‘n Kersfees-parkrun aangebied word nie.
“Kom geniet die oggend saam, wie weet, miskien kom Kersvader saam draf. Honde ook welkom,”nooi die organiseerders.
Volg gerus Meyerton Parkrun op hul Facebook.



