Local newsNewsNewsBreaking News

Valies gee beslis om vir hul medemens

VEREENIGING. – Die NG Kerk Drie Riviere-Oos Bus van Hoop het onlangs die Klipkerk in die middestad besoek. “Wanneer dit by Kersfees kom, kan mens nie anders as om aan die woordjie GEE te dink nie. Die hele Kersseisoen is vasgevang in hierdie klein woordjie, met so GROOT betekenis. Kersfees is ‘n tyd om om …

VEREENIGING. – Die NG Kerk Drie Riviere-Oos Bus van Hoop het onlangs die Klipkerk in die middestad besoek.

“Wanneer dit by Kersfees kom, kan mens nie anders as om aan die woordjie GEE te dink nie. Die hele Kersseisoen is vasgevang in hierdie klein woordjie, met so GROOT betekenis. Kersfees is ‘n tyd om om te gee vir jou medemens,” is die kerk se boodskap.

Danksy hierdie wonderlike uitkyk het NG Kerk Drie Riviere-Oos se Bus van Hoop, in samewerking met Three Rivers Christian Academy en NG Kerk Suikerbos, hande gevat en vir die hulpbehoewendes in die Vereeniging gemeenskap gaan GEE en sodoende talle mense se lewens opgehelder.

NG Kerk Drie Riviere-Oos en Three Rivers Christian Academy het vir weke lank die Skoenboks Geskenk-projek behartig waartydens gemeentelede, skool ouers en kinders skoenbokse kon vul met al die nodige items, en ook geskenke vir kinders.

“Almal was verstom toe die geskenke begin instroom en die stoorkamers begin oorloop van die honderde geskenkpakkies ,” vertel die organiseerders.

By geskenke het dit egter nie gebly nie. Die kosspanne van die Bus van Hoop het op die dag vroegoggend al begin bontstaan . Altesaam 247 volwassennes en 145 kinders is met ‘n heerlike bord kos, ‘n pakkie koekies en lekkers bederf. Kinders het ‘n skoenboks en ‘n geskenk gekry.

“Ons staan verstom oor die oop harte en hande van ons gemeenskap en sy mense, wat nie skroom om te GEE nie. Ons kan net met dankbare harte terugkyk na ‘n wonderlike dag van ware omgee. Ons bedank almal wat die projek ondersteun, of op die dag gehelp het,” sluit die organiseerders af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button