LifestyleLocal newsNews

Dis weer Kersliggietyd by Uniestraat 30, Sasolburg!

Carols by Candlelight - Saterdagaand 21 Desember

 

SASOLBURG. – Soos elke jaar in Desember is Uniestraat 30, Sasolburg, vanjaar weer ‘n skouspel van Kersfeesliggies! Almal is welkom om saans vanaf 19:00 tot so 21:30 by die adres verby te ry of ‘n rukkie stil te hou om na die pragtige kleurespel te kom kyk.
Vanaand, Saterdag 21 Desember, gaan Kersfeesliedere vanaf 19:00 hier gesing word. Die publiek is baie welkom om te kom luister en deel te neem. Bring net jul eie stoele saam.
As deel van hul vrywilligerdiens gaan die inwoners van Uniestraat 30 ook op 24 Desember in samewerking met Kersvader en die plaaslike GPF deur Sasolburg se strate ry om blydskap te bring en geskenkies aan minderbevoorregte kinders uit te deel.
Belangstellendes wat ‘n bydrae hiervoor wil maak, is welkom om geskenkies na die adres te bring, of ‘n geldelike skenking in die donasieboks by Uniestraat 30 te pos.
Op 23 en 24 Desember gaan kinders van plaaslike kinderhuise en huise van veiligheid ook die erf besoek om na die liggies te kom kyk. Indien daar genoeg geskenkies is, gaan dit dan ook onder die kleingoed versprei word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button