NewsNews

Pa gearresteer op moorde van vrou en twee kinders

Fanie du Preez (39) is vanmiddag, sowat 11 ure na die moorde op sy vrou en twee kinders, wat aanvanklik as ‘n rooftog gesien is, gearresteer. Twee vuurwapens en bebloede klere is in die motorhuis in Piet Retief boulevard gevind waar Fanie volgens hom was, toe die moorde plasgevind het. Fanie het aanvanklik vir die …

Fanie du Preez (39) is vanmiddag, sowat 11 ure na die moorde op sy vrou en twee kinders, wat aanvanklik as ‘n rooftog gesien is, gearresteer.
Twee vuurwapens en bebloede klere is in die motorhuis in Piet Retief boulevard gevind waar Fanie volgens hom was, toe die moorde plasgevind het.
Fanie het aanvanklik vir die media vertel dat hy skote gehoor het en gaan ondersoek instel het. Een van die rowers het klaarblyklik met hom gestoei en toe weggehardloop. Plaaslike speurders en forensiese spanne van Pretoria het tot laatmiddag die toneel gefynkam. Teen 14:00 vanmiddag is bevestig dat Fanie gearresteer is vir die moorde. Lees die hele verhaal in Vaalweekblad 9 Desember. FOTOS: Jannie du Plessis (Vaalweekblad).
Fanie du Preez
Fanie du Preez
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button