EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Mej. Vaal vier Kersfees in styl by eksklusiewe Duck Point aan die Vaalrivier

Lees Mej Vaal, Ané Oosthuysen, se pragtige Kerswense aan al Vaalweekblad se lesers

 

VANDERBIJLPARK. – Die huidige Mej Vaal 2019, Ané Oosthuysen, geklee in die mees asemrowende skepping deur die bekende ontwerper Werner Dey, vier Kersfees by die eksklusiewe Duck Point venue op die oewer van die Vaalrivier.
Terwyl Ané grimeer is deur die pragtige Jenine en Jesica van Belle Beauty by
Jenine het die Vaal se Trou Guru, Jean Prieur du Plessis, die “final touches”
gedoen.
“Nou dié is hoe Kersfees moet lyk en gevier moet word,” sê Jean Prieur.
‘n Tradisionele Kersfeestafel in skakerings van goud, room, bruin en groen
is versier deur Christa van Wyk met ‘n feestelike maar luukse gevoel.
In die kombuis het Chef Bosch seker gemaak dat elke smaakvolle gereg perfek
was vir die Vaal se mooiste meisie terwyl die bekende fotograaf Rolene van der
Merwe elke oomblik vasgevang het.
Ané se Kersfeesboodskap aan almal in die Vaaldriehoek:
“My wens is dat elkeen ‘n Christusfees vol vrede, liefde en vreugde sal ervaar saam
met al die spesiale mense in hul lewens. Mag die feesseisoen ook ‘n tydperk wees
van blydskap en samesyn, sodat almal gereed kan wees vir die nuwe jaar en al sy
uitdagings.
“Geseënde Kersfees, en voorspoedige nuwe jaar!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button