Local newsNewsNewsBreaking News

Dam loop deur onder ‘waterdiewe’ en rommelstrooiers

DENEYSVILLE. – Inwoners van die dorp is nie gelukkig met hoe vuil die area rondom die dorp, veral binne die damvlak van die Vaaldam tans is nie. Weens die droogte het die damvlak baie gesak en word die gedeeltes wat leeg is, skynbaar nou gebruik om in die kuier of as ‘n “dumpsite” aangesien. “So …

DENEYSVILLE. – Inwoners van die dorp is nie gelukkig met hoe vuil die area rondom die dorp, veral binne die damvlak van die Vaaldam tans is nie.

Weens die droogte het die damvlak baie gesak en word die gedeeltes wat leeg is, skynbaar nou gebruik om in die kuier of as ‘n “dumpsite” aangesien. “So lyk dit! Die gemors word net meer,” kla Peet Schabort wat foto’s van die stand van sake aan Vaalweekblad gestuur het. Op beide die foto’s is die Vaaldam in die agtergrond.

Daar kan nie met sekerheid gese word dat dit te danke aan besoekers of inwoners is nie, maar die groter vraag is, wie gaan dit nou skoonmaak? As die gemors meer en meer word, gaan dit beslis baie nadelig wees wanneer die damvlak in die toekoms styg en al die gemors in die dam beland.

Dit is egter nie die enigste probleem wat tans met die Vaaldam gepaard gaan nie. Daar is ook glo inwoners van Vaal Marina wat waterhouers van tot sowat 2 000 liter met pompe uit die dam volmaak en dan na hul wonings neem om hulle tuine nat te maak.

Volgens plaaslike inwoner Schalk van Tonder mag dit nie gedoen word nie.  “Hulle het nie toestemming of regte om direk water uit die dam te pomp, terwyl ander mense vir water moet betaal nie. Ek was by die polisie en hulle het dit beaam,” verduidelik Schalk.

Ongelukkig is daar tot op hede nog nie teen die “waterdiewe” opgetree nie. Altwee hierdie situasies sou beslis nie so maklik gewees het om mee weg te kom as daar strenger wetstoepassing in ons mooi land was nie.

So lyk dit nou in die oop dele van Vaaldam na die watervlak gedaal het. Agter kan die dam gesien word. Foto: Peet Schabort

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button