Local newsNewsNewsBreaking News

En die Wacked-karaoke kampioen is …

VANDERBIJLPARK. –  Die finaal van die Wacked Wednesday Karaoke-kompetisie is onlangs by Goldrush Bingo & Entertainment, Vaal Mall gehou en die finaliste het hul beste voetjies, of is dit nou sangstemme, voor gesit. Elk van die finaliste het kans gehad om met drie liedjies die beoordelaars te beindruk. Maar aan die einde van die aand …

VANDERBIJLPARK. –  Die finaal van die Wacked Wednesday Karaoke-kompetisie is onlangs by Goldrush Bingo & Entertainment, Vaal Mall gehou en die finaliste het hul beste voetjies, of is dit nou sangstemme, voor gesit.

Elk van die finaliste het kans gehad om met drie liedjies die beoordelaars te beindruk. Maar aan die einde van die aand was gewilde deelnemer, Lebo, die welverdiende wenner.

“Die hele idee van die kompetisie is om dit te geniet. Ons is verheug met die deelname en baie trots op al die deelnemers,” vertel die organiseerders (The Chorus Project).

Lebo het met haar weergawes van Unfaithfull, Make you feel my love en Someone like you, die eerste plek behaal. In die tweede plek was Stephen en derde was Simone.

Groot pryse geborg deur Goldrush Vaal Mall en Punked Hair Studio was op die spel vir die top drie plekwenners.

Die beoordelaars was Chorus Project-kunstenaars Jacob J en Bella Q, asook Chantelle Lamprecht van Goldrush Vaal Mall.

“Ons bedank die beoordelaars, asook vir kunstenaar Melissa vir hul bydrae tot die sukses van die aand,” sluit die span van The Chorus Project af.

  • Daar sal weer vanaf Januarie 2020 karaoke aande by Goldrush Vaal Mall plaasvind. The Chorus Project nooi belangstellendes om dit saam te kom geniet.
    Lebo vee trane van vreugde af na sy as die algehele wenner aangewys is.
    Stephen in aksie op die verhoog.
    Simone sing haar hart uit tydens die finaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button