NewsNewsBreaking News

Te veel kundiges verlaat SA

Suid-Afrika se swak ekonomie, die staat se onvermoë om werksgeleenthede te skep, die omstrede arbeidswette wat teen blankes diskrimineer en die toenemende misdaad en geweld veroorsaak dat gekwalifiseerde landsburgers die land verlaat. Ook hier in die Vaaldriehoek is daar  jarelange inwoners wat nou finaal moed opgegee het en groener weivelde gaan soek het … en …

Suid-Afrika se swak ekonomie, die staat se onvermoë om werksgeleenthede te skep, die omstrede arbeidswette wat teen blankes diskrimineer en die toenemende misdaad en geweld veroorsaak dat gekwalifiseerde landsburgers die land verlaat.

Ook hier in die Vaaldriehoek is daar  jarelange inwoners wat nou finaal moed opgegee het en groener weivelde gaan soek het … en nie net elders in die land nie, land uit!

Volgens agentskappe is daar ‘n toename in mense met goeie gekwalifiseerde beroepsrigtings wat hulle na die buiteland begewe. Daaronder tel veral ingenieurs, dokters, regsgeleerdes wat uitwyk na Amerika, Europa en Australasië (Australië en Nieu-Seeland). Volgens die agentskappe het hulle hierdie jaar sowat 40% meer aansoeke hanteer as verlede  jaar. Dit veroorsaak ‘n tekort aan goeie werkerskorps in Suid-Afrika. Vaardigheid  is van uiterste belang vir SA.

Selfs die vakbond Numsa het dit nou na 25 jaar besef. Dit is volgens hulle ook belangrik dat daar geen vervanger vir kundigheid is nie en het ‘n beroep gedoen om ’n span deskundiges in samewerking met die vakbonde, saam te stel om Eskom van ondergang te red.

Die kundiges sluit glo ‘n lys van sowat 350 ingenieurs in wat terug na SA gebring moet word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button